Ons vêr verlate vlaktes
Die mense in hierdie land se kop-skroewe het êrens langs die pad uitgebliksem. Dominies kaap hulself, mense koop plase op die maan en party beweer dat Robert Mugabe die mees demokratiese leier sedert Ghandi is. Díe totale malligheid kan wel toegeskryf word aan mense wat hulle 15 minute beroemdheid wil hê maar in party gevalle glo hierdie mense werklik die kak wat hulle uitdink;
Sekere ooraktiewe, seksueel gefurstreerde skynheilige kretins, het mos onlangs beweer die nuutste Harry Potter boek is die nuwe satanistiese bybel en JK Rowling die antichris. Okei dit was nou nie so erg nie, maar ek probeer ‘n punt hier maak. Ek het nuus vir julle mense, as julle vir Rowling op die brandstapel vasbind, maak net seker Verna Vels staan langs haar, netnou spring sy op haar besem, span kragte saam met die Smurfs en voer Openbaring uit. Die Smurfs, soos julle seker kan onthou, is saam met die Teenage Muntant ninja Turtles ook pionne van satan.
Ander modderbreine in hierdie land hou veldtogte vir ‘n geweer-vry Suid-Afrika. Halooo julle fokkers, dink julle regtig as mense hulle gelisensieërde wapens gaan ingee die kriminele gaan dit ook doen? As julle dit wel glo, gaan spring van ‘n krans af, julle logika is in sy moer.
Kan iemand my ook asseblief inlig hoekom ons miljarde rande aan vegfliegtuie en militêre wapens spandeer het. Was die hele transaksie net ‘n setup sodat ons staatsmanne ‘n ekstra geldjie kon maak? Miskien is ons van plan om Swaziland aan te val. As ons gaan, kan ons hulle nou mooi opfok hoor!
‘n Beroemde Suid-Afrikaner wat nou in Hollywood naam gemaak het, het selfs noudiedag na Benoni as ‘n “faahrm” verwys. My skat, as ons plakke “faahrms” begin noem net omdat die mense wat daar bly hulle soos diere gedra, sal ons die hele Suid-Afrika as ‘n landbougebied moet verklaar. Eintlik het sy miskien ‘n punt beet, as almal met trekkers begin ry sal die taxi’s vir ‘n slag tweede kom.
Nee wat mense, hierdie land, het ‘n moerse enema nodig.
Die Wit Rus