Vergelykings
Julle sal agterkom dat ek redelik dikwels van vergelykings in my stukke gebruik maak. Party mense se vergelykings word sêgoed, soos bv; So swart soos die nag, so koel soos ´n komkommer, so bleek soos ´n laken. Ek sou ook graag wil hê dat van my vergelykings eendag sêgoed moet word. Nou het ek gedink. Ek gaan ´n klomp van my eie vergelykings hieronder uiteensit en dan moet jy, die leser, dit in die regte lewe gaan gebruik. Wie weet miskien haak daar ´n paar in jou vriende se woordeskat vas.
So akrobaties soos ´n heuningvoëltjie op Speed.
So aantreklik soos ´n model sonder inhibisies
So aggressief soos ´n Buffel met ´n slagyster toegeslaan op sy bal
So aragnafobies soos ´n blinde muskiet
So onbeperkend soos ´n gaas kondoom
Soveel skop soos ´n dubbeltot Toquila in ´n draughtglas Etanol
So depresief soos iemand met ´n wen-lotto kaartjie en twee dae om te leef
So vergeetagtig soos ´n alsheimer-pasient op ´n daggatrip
Lang vingers soos ´n dieretuin-oerangoetang
Groot jeupe soos ´n dragtige Vrieskoei
´n Groot mond soos ´n honger planktonetende Walvis
So kosbaar soos kakpapier by ´n kunstefees
So skaars soos ´n glimlag by die lisensiekantoor
So vinnig soos ´n honger jagluiperd met Terpenryn onder die stert gesmeer
Klein handjies soos ´n sirkusnar
So kort soos ´n mier se ooghare
So swaar soos ´n pregnant Olifant
So skaars soos ´n slim, vriendelike spietkop
So verveeld soos ´n kind by ´n sitrus-seminaar
´n Harige bors soos ´n Gorilla op kreatien
Hang knaters soos ´n Boerbok wat warm kry
So heilsaam soos die Lanbou-weekblad se voorblad
So sensueel soos ´n bronstige Kameelperdmerrie
So mooi soos ´n Elandbul met ´n grys nek
So bevredigend soos ´n lekker lang poep in ´n stil vertrek
So soepel soos ´n gegriesde motorfietsketting
´n Lang nek soos ´n nuuskierige Volstruis
So mooi soos ´n biltongruiker
Ruik so suur soos ´n resies-vrieskoei se hoewe
So dikbek soos ´n asmatiese blaasoppie
Die Wit Rus