Vergeet vergeet
Vergeet vergeet, skrou ´n kraai die bome in
koel is die dou wat nuwe avonture bring
Dis dood, dis klaar, dis vrek, dit stink
hou op met peins, hou op met dink
Klou nog aan die karkas in die nag, sing die maan sy glimmer lied
hou vas die aan die bodem, suig lewe deur ´n riet
Hulle praat van haar, ooral, aanhoudend, dring die tande dieper in
stop hulle, suis die wind, skeur weg, huil ´n hart
hardloop, vlug, draai jou rug
Vervreem jou omgee, verraai jou slaaf
vluister, vluister leuns om jou verskonings te staaf
Diep sweer ´n doring in die voet van ´n troebadoer wie se pad gesmelt het
sy herberge tot op die grond afgebreek
Vergeet vergeet, skrou haar palms
in die hande van ´n ander swerwer wat bronstig lus vir nuwe geskenkpapier
Was daar ooit ´n lente, was daar ooit reën
wie het my verraai, wie het my woorde geleen
Dit was net die mis, skree die lug
koggel my, trots op sy klug
Seil oor die waters, los jou kneg sterwend hier
gaan soek nog swerwers en vergeet die vuur
vergeet Vergeet, roep die golwe
vergeet vergeet
Die Wit Rus