Die troue

 

Die nuus het my soos Olifant-spuitpoep teen die bors getref, my asem uitgeslaan en vlak in my keel gaan lê. Een van my kamerade, Žn persoon wat help messel het aan die persoon wat ek vandag is, gaan in die huwelik tree. Nooit weer sal ons die prag van Žn langhaar-huisdier se stert saam kan bewonder nie, nooit weer strawpedoŽs drink of Žn poep kompitisie in sy sitkamer hou nie. Die goue era van ons jeug was vir altyd ingesluk deur die donker bodemlose put van gesluierde genot. Die volgende paar aande het die nagmerries my oorrompel. My nagte was gevul met drogbeelde van shotgun-weddings en eensaam aande alleen met The Weakest Link wat my siel bestraal.

Ek wou skree šOnthou jy dan nie vir Daisy de Melker nie?š.

Ek wou hom bel en šfriendsš van Queen sing.

Maar die realiteit het my mond gesnoer; Cupid se koker was leeg.

 

Die antieke Chinese of Grieke of Mesopotamiërs het geglo kak kom altyd in drieë en skaars Žn week na die eerste plons in die toilet water van my lewe tref die tweede een - ek word gevra om seremonie meester te wees. Ek het myself gestaal in die besluit om my vriend te ondersteun, šLove actuallyš gaan uitneem, so Žn bietjie gehuil (ek het babelas gehad) en aan Žn toespraak begin werk.

 

Ek het effens skaam gekry oor my innerlike teësinnigheid met die gedoente, toe ek die uitnodiging ontvang en besef die toekomstige bruidspaar het minder-bevoorregtes laat voordeel trek uit die onkostes van hulle troue. Hulle het jou waarlik die troukaartjies by die Avril Elizabeth se voet-en-hol skilder afdeling te laat maak. Min het ek geweet die uitnodiging was slegs Žn voorspel vir die genre en outentieke styl van die bruilof.

 

Die betrokke Saterdag bevind ek my toe in Žn plek met die naam šOertelvleiš se kerk. Eintlik lęk dit net soos Žn kerk. Dit was werklik net Žn ou graan stoor waarop Žn houtkruis met bloudraad om die nok vasgedraai was. Žn Yslike kraak in die ooste-muur het die beligting verskaf met Žn gebarste trekker wiel met kerse bo-op as kandelaar – baie retro.

 

Soos die son stadig maar seker gesak het deur die kerk se krater het ek met die skok van Žn nasionale kortsluiting besef dat ek hierdie vriend van my nie meer ken nie. Sy etiket en klas het agtergebly in die laaste bierglas wat ons saam gedrink het. Die volgende gebeure sal my nooit verlaat nie;

 

15:30 Ek en my vriende is eerste in die kerk, elkeen van ons die spieëlbeeld van Adonis in pikswart

pakke, charcoal hemde, cufflinks en sy-dasse.

 

15:40 Die gaste arriveer in shocking pienk sweetpakke, Vrystaat rugby-truie en urban-cammo

combat pants.

 

15:50 Žn Vuil kind in Žn snot besmeerde Blou-bul trui spoeg die drie-nul-drie koeël wat hy suig uit.

Helfte van die gaste slaan dekking.

 

16:00 Die troue moet nou begin maar daar is geen teken van die bruid nie. Ek kan nie besluit wat is

meer interessant nie; die ou voor my se šAgter elke manš centenary bomber jacket of die

bruidegom se kiwi-groen onderbaadjie.

 

16:15 Nog geen bruid nie. My vriende se giggles sit vlak in hulle kele elke keer as die tannie skuins

voor ons haar tande uit-drool.

 

16:25 Karel sê my hy wonder of ons nog sal kos kry as die troue afgestel word.

 

16:35 Die bruid arriveer.

 

16:36 Ek kry Žn ligte beroerte – haar rok lyk soos die klere wat die aliens met die bekommerde

voorkoppe in Star Trek aantrek.

 

16:38 Die dominie druk die stop knoppie van die troumars tape en almal gaan sit. Ons word

meegedeel dat Tannie Tossie gaan open met Žn lied uit die nuwe gesangboek. Voor in die

kerk staan Žn custard-slice op met Žn Biggie-best floral range onderbaadjie aan. Ek hoor in

my kop Johan Stemmet wat sê; šooo, ons gaan nog baie van hierdie slice hoor, julle

moet vir haar dophou, yeiš.

 

16:41 Daardie melktert trek los met die brul van Žn vier liter Ford op jet fuel. Eers by strofe

twee kom almal agter ons moet saamsing. Maar daai plek se balke kraak van die valsgeit.

Bruce Beyers hou beat met Žn rits brandewyn poepies en die vuil Blou-bul kind bepis

sy broek so dat die hulle sy dummy op die kerk se lawn moet gaan soek.

 

16:50 Die dominie besluit dat dit so mooi was dat ons dit weer gaan sing. Hy het skaars die laaste

letter uit toe trek Shrek se bruid weer los; špraat ek mense engle tale...š en so strofe daarna

kom die gaste weer by met die gesanik van Žn jags kat met aambeie. Ek en my vriende lyk al

soos bloukop koggelmanders van al die lag inhou maar ons sing.

 

17:30 Na die preek is dit uiteindelik tyd vir die dominie om die vrae te vra. Of die dominie die

verkeerde speech voor hom gehad het weet ek nie, maar díe noem toe die bruidspaar op heel

ander name as wat hulle mee gedoop is en lees nog boonop een van Openbaring se

donkerste hoofstukke. Net toe die swael en as op Žn verskroeide aarde neerdaal donner

daardie dominie agteroor met Žn moerse slag – glo Žn trappie misgetrap. As jy my vra het die

škerkš se Jeropigo voorraad Žn bietjie van Žn knock gekry voor die tyd, maar dit nou daar

gelaat. Toe hy die preek hervat onthou hy skielik die bruidspaar se name – dis nou die

wonders van ligte harsingskudding vir jou.

 

17:55 Die vrae word gevra en die boek word onderteken. Niemand kan nou meer hierdie sondeval

keer nie.

 

18:00 Buite op die trappe kry ons elkeen Žn hand vol sekelbos-peule in plaas van konfetti. Ek voel

Žn bietjie naar van al die lag inhou en die realiteit van die poespas wat homself nou net voor

my afgespeel het.

 

18:15 Ons vertrek na die onthaal met Žn swaar gemoed en baie bier. Drie plakkerskampe en sewe

plaashekke later kom ons by die onthaal-tent aan.

 

18:20 Žn Brandsiek Boerboel kom skuur teen my been, ek besluit om hom nie te skop nie toe ek

sien hy het twintig maatjies.

 

18:30 Žn Tannie met munisipaliteit-oranje hare bestorm my soos Žn baba Orangoetang wat tiet

soek; šIs jy die seremonie meester?š hyg sy en hoes Žn stuk long op my das uit.

šWeet jy Marlboro filters is sleg vir jouš, sê ek.

šEk suig aan niks met Žn filter nieš, sê sy. Ek kak so liggies in my broek en sê

baie vinnig ja ek is seremonie meester maar ek moet nou gaan. Sy haak my met Žn twee

sentimeter nael aan die arm en sê ek moet vir die gaste sê hulle moet eet, die kerrie-eiers raak

koud.

 

18:35 Ek kondig aan dat die Bruid en bruidegom eers later sal kom en dat almal solank moet eet.

Tot my verbasing is almal klaar besig en kyk my uit asof ek van Žn ander planeet kom. Ek

gaan huil so bietjie in die badkamer.

 

19:00 Die bruidspaar kom aan gehop agterop Žn geroeste wa wat deur Žn trekker gesleep word -

geen wonder hulle is laat nie.

Die trekker ry oor die brandsiek hond van vroeër se poot. Ek dink nog; šlekker jou

fokker,š toe dra die ander honde hom al grommend agter Žn bos in - shame.

 

19:10 Ek begin met die toespraak. Niemand lag nie. Ek word bang.

 

19:20 Die best-man vertel dat die punishment-seks wat die bruidspaar beoefen een keer hande uit

geruk het en dat die bruid haar bekken in die proses gebreek het.

Die bruidegom se pa kots in Žn ysbak.

 

22:00 Meeste van die gaste gaan huis toe, dj Frikboy punish die speakers en al my vriende is lekker

kak-dronk. Die bruid se ouers lang arm met hulle blinde Worshond en die bruid kak die

bruidegom uit omdat hy gesnuif het toe die dominie met hom gepraat het. (Ek dink dit was

meer Žn snik).

 

23:00 Dj Frikboy besluit hy is moeg en pak op.

 

23:03 Iemand trek Žn gedropte 1972 Nissan Laurel by die tent in en pop die boot. In my lewe het ek

nog nie so baie luidsprekers in Žn kattebak gesien nie. Die tent pof behoorlik uit elke keer as

Shine 4 Žn Bongo-drum slaan, šHEY-PATEOš skree iemand.

 

23:05 Ons besluit genoeg is genoeg en sit af na die Oertelvlei hotel. En daar slaan die derde

antieke Skandinawiese kak my. Kyk, ek was nog nooit een vir Žn vuil katel nie en daar, in Žn

kamer wat na Camphor cream en spuitpoep ruik, word die sifste bed in mense heugenis

aan my toegeken. Toe ek die oggend opstaan het die stof miete my onderbroek opgeëet.

 

Teen dagbreek was ons al lankal in die kar en besig om te vlug. Ek wil daardie plek nie vinnig weer sien nie. En elke aand as ek op my silwerskoon lakens gaan lê, bid ek vir my ou maat. Want ek weet hy slaap nie - hy word of uit gekak of hy kak homself uit.

 

 

Die Wit Rus