Tronke
Suid-Afrika se tronke loop oor van al die kriminele. Wat vir my interrisant is, is dat die politici hulself baie meer bekommer oor waar ons al die skelms gaan huisves as die réde hoekom daar so baie skelms is. Een van die kleiner oorsake van oorlvol tronke is natuurlik die afskaffing van die doodstraf. Ons moet glo moraliteid aan die dag lê as dit kom by die hantering van krimenele - hul eerder rehabiliteer as straf. Met laasnoemde voornemens op die hart verkondig mense wat beweer dat die doodstraf ¨state sponsored murder¨ is, dat ´n persoon wat skuldig bevind is aan;
die moord van vier mense,
die gewetenlose geweldadige verkragting van twee tieners,
en marteling van ´n bejaarde deur haar hande met draad agter haar rug vas te bind en haar daarna met ´n yster toe te takel,
se regte geskend sal word as hy die doodstraf kry.
Nou laat ek nou in geen onsekere terme vir daardie ultra-liberale kretins ´n les in etiek gee;
So ´n persoon, wat deur sy gedrag dit duidelik laat blyk dat hy geen respek vir lewe of empatie vir onskuldiges en weerloses het nie, verdien fokkol regte nie.
So ´n persoon verdien nie die satisfaksie om vir die slagoffers se families in die hof te grinnik of selfs die lug wat hy inasem nie.
Enige persoon wat so ´n bose siel verdedig of ondersteun verdien ook niks minder as die dood nie. Want sien, of hulle dit nou wil weet of nie, die mense wat boewe verdedig en die idiologie van menseregte so uitbuit en verdraai om sy eie duister motiewe soos bv. die ondersteuning van die oneerlike massas te wen, is die rede hoekom almal in Suid-Afrika konstant uit vrees oor hulle skouers moet kyk.
Daar is absoluut GEEN verskoning vir die wanaanwendending van staatskas-fondse om verkiesings te wen, terwyl landsburgers deur wraaksugtige, veglustige moordenaars regeer word eerder as die regering wat hulle die son, maan en sterre beloof het. Dit wil vir my al hoe meer voorkom of die regering die wettelose massas subsideer ten koste van wetsgehoorsame landsburgers. Hier is twee verskynsels wat my vermoede staaf;
Wettige wapeneienaars word gedwing om al hoe minder of geen wapens te besit nie en wapenhandelaars maak toe omdat hulle nie meer inkomste kry nie. Met ander woorde dit gaan mettertyd onmoontlik word om wettig ´n wapen te besit. Hoe moet ´n ongewapende persoon wat in die wet optree, homself verdedig teen ´n gewapende oortreder wat ´n wapen bekom het omdat die polisie te besig was om gelisensieerde wapens van hul wettige eienaars af weg te neem.
Het iemand al ooit agtergekom dat taxi eienaars nog nie oor hoë brandstofpryse gekla het nie. En hulle is snaaks genoeg die eerstes wat by die strate op en af toi-toi as regeringsbeleid dreig om hulle wins te verminder. Waar kry hierdie mense brandstof en hoekom kan gewone landsburgers dit nie ook teen so ´n lae prys kry nie?
Ja, dit gaan goed met die wettelose massas in hierdie land. Ek het dit gevolglik vanmore baie amusant gevind om in die koerant te lees dat een of ander belangegroep wil hê daar moet ´n ondersoek gelas word oor wie uit apartheid voordeel getrek het, sodat die regering hulle kan belas. Die kommisie van ondersoek se bevinding sal heel waarskynlik beïnvloed word deur faktore vanaf regeringskant, maar ek wonder wat so ´n kommisie sou gevind het as hy werklik onpartydig was?
Wie, as jy kyk na die huidige situasie in die land, het die meeste gebaat by apartheid?
Is dit;
Die huislose mense wat tussen vier sinkplaat mure sit en vergaan van die koue, hitte, siektes en ondervoeding terwyl konferensies in lugversorgde lokale met eetgoedjies en tee vir dae lank gehou word om te besluit of ons Messina voortaan Musina sal spel.
Boere wat dag tot dag in vrees moet lewe dat hulle of hul familielede gemartel en doodgemaak gaan word, terwyl die polisie elders besig is om vip´s op te pas by ´n paartie op die president se grasperk.
Die mense wat hul lewe dag vir dag in gevaar stel in Irak om na hulle gesinne in Suid-Afrika om te sien, omdat die regering hulle regte beroepe van hulle geneem het d.m.v. regstellende aksie. En as hulle terugkom na hul geboorteland word hulle gearesteer vir oortreding van die wet op buitelandse militere hulpverlening.
Of is dit dalk;
Regeringsamptenare wat in hulle blink nuwe duitse karre oor hulle selfone onder mekaar kla oor hoe apartheid hulle benadeel het.
Die persone wat tot gode verhef is vir hul ¨struggle¨, en miljoene in die bank het waarmee hulle in Londen, Parys en New York kan gaan shop.
Wit mense wat hulle politieke partye aan die regering verkoop het en nou ´n lekker gemaklike joppie in die parlement losgeslaan het.
Dink daaraan, wie trek vandag regtig voordeel uit die ¨legacy of apartheid¨.
Die Wit Rus