Spoed

Ons kan almal doen met meer spoed in ons lewe. Spoed laat ons lewendig voel, spaar tyd en gevolglik geld. Dit is een van die laaste opwindende dinge vir gewone mense oor om te doen. Ons voorgeslagte kon oor berge trek met bees-krag, Engelse van ‘n perd se rug skiet en as hulle regtig wou, Duitsers in noord Afrika. Daar is ook niks nuut om te probeer nie. Mense het al uit vliegtuie gespring met pampoen vormige materiaal sambrele, van die Kaap tot in Kairo gery en na slette in vensters gaan kyk in Amsterdam. Dis alles ou nuus. Ons generasie moet tevrede wees met ons daaglikse skofte by die werk en om miskien twee keer ‘n jaar, vir ‘n week lank, langs die see te gaan lê.

Al genot wat ons oor het is om die regter pedaal so bietjie te versink en deur ‘n draai te gly. Ek praat nie nou hier van mense wat met hulle cherrie se voete op die Fiesta se dash ‘n Diatsu Kakkar van robot tot robot dice nie. Ek praat ook nie van die spoed wat jou bande in ‘n sirkel behaal terwyl die kar stilstaan nie. Spin is net mooi vir mense wat cane suip.

Ek praat van 170 deur die lang swiepende draaie van daardie pad net buite Stellenbosch na Franschhoek se kant toe. Of ‘n byna wetenskaplike versnelling en beheer deur daardie stygende s’se in die berge net na Franschhoek. Dan is daar ook die draaie in Schoemans kloof net voor Nelspruit.

Ek is die naweek daar deur daardie hemelse kurwes van die berg teen ‘n spoed wat meeste tannies se bollas sal laat afspring. As jy die laaste sinne gelees het en besluit het dit klink glad nie vir jou lekker nie het jy geen joie de vivre nie en moet jy liewers verder gaan masturbeer in die solder. En moet asseblief nie nou dadelik dink dat ek onverskillig op daardie spoed was of dat ek enigiemand se lewe in gevaar gestel het nie. Ek was om al die draaie, ten alle tye, in volle beheer.

Ons is gebreinspoel om te dink “speed kills” en basta. Dit is nie waar nie. Spoed maak soms dood. En in die gevalle waar dit wel dood maak is dit nie juis die spoed nie, maar die skielike tot stilstand kom, wat jou graf toe stuur.

Ek het eers gedink dit sal ‘n goeie ideë wees om die algemene spoedgrense in die land te verhoog. Die redenasie daar agter was dat mense sal agter kom dat blitsige spoed hand aan hand gaan met astronomiese brandstof rekeninge. Gevolglik sal net ryk mense vinnig ry, en omdat ryk mense duur karre kan bekostig en laasgenoemde gewoonlik gemaak is sodat dit ongelukke kan vermy, sal ongeluk syfers geensins styg nie. Dit was vir my logies.

Toe onthou ek van al die mense in ons land waarvoor Cane soos moedersmelk proe. En mense wat dink blou ligte wat onder ‘n kar uit skyn mooier is as Minki van der Westhuizen en Tanya van Graan saam in ‘n bad vol olie. Besig om te stoei. Kaal. In die sagte lig van kerse. Met Valiant Swart wat kitaar speel in die agtergrond.

Daardie mense gee nie om of brandstof duur is nie. Dis immers dieselfde mense wat kla oor hoë skoolgeld vir hulle skurwe-lip kinders terwyl daar agt pakkies Gunston Plain in ‘n Checkers sak om die fiets se handlebars swaai.

Om die probleem te vererg spandeer Frikkie/Vikash/Thabo ook nog elke Sondag onder die enjin klap besig om gatjies te boor in die uitlaatpyp en die spoed van hulle vuurwaens te verhoog. Mens sit dan met die probleem van ‘n 1973 Nissan Skyline sonder ABS, stabiliteit beheer, groewe in die bande, skyf remme of sitplekke, wat in vlamme onder deur die Atterbury brug donder teen 192 km per uur. Noem my maar ‘n moffie maar ek sal ‘n broekpoeding bou as so iets op my afkom.

Soos ek dit sien word ons nou al weer benadeel deur hierdie varke. Dit het op Sodwana gebeur. Een of ander Cane-begolde doos, het met sy Kia Stukak oor ‘n kind se kop gery (dink ek) en nou mag niemand op die strand meer bier drink nie. Hoekom word nie net daardie ou benadeel nie? Hoekom moet almal suffer. Dis alles vir my baie Stalinisties.

Ek het gelukkig ‘n oplossing vir ons spoed probleem. Ek stel voor dat almal wat wil vinnig ry ‘n nuwe soort lisensie sal kan behaal. Die lisensie bestaan uit ‘n advanced driving course (en alles wat ek nou noem word deur die aansoeker self betaal), ‘n ondersoek in sy bestuurs-geskiedenis en ‘n beoordeling van sy kar. As die lisensie toegeken word, mag die persoon net oor die spoedgrens gaan in die kar waarmee hy die lisensie gekry het. As hy in enige ander kar oor die spoedgrens ry word hy beboet net soos gewone mense.

Natuurlik sal hy gevra word om ‘n ooreenkoms te onderteken wat die polisie bemagtig om sy knaters uit te haal indien hy sy nuwe lisensie misbruik. Die straf vir vroue sal wees om in spits-verkeer, vir ‘n minimum van dertig dae, elke dag hulle noenoes vir die motoriste te wys.

Ek glo vas dat dit die regering nie ‘n sent sal kos nie omdat mense wat die lisensies sal wil hê die volle koste daarvoor sal dra. Nou moet ons nog net ‘n baan op elke hoofweg in die land toewy aan die vinniges. Ek sien dit al in my geestesoog; mense wat betyds opdaag vir vergaderings, ouers wat meer tyd saam met hulle kinders spandeer en minder op die teer, ons ekonomie wat verbeter en fronse wat verdwyn. Tot my briljante plan geïmplementeer word sal ons maar moet lieg en bedrieg, bribe en nog meer lieg. Ek het ook ‘n spesiale boodskap vir mammas wat hulle kinders honderde kilometers vêr moet karwei:

Ons bly in ‘n land waar jy geskiet of beroof word sodra jy ... wel, asemhaal. Maar hoe vinniger jy beweeg, hoe kleiner is jou kanse dat ‘n patroon jou kop sal deurboor of jou iPod gesteel sal word. As jy kinders in die kar het is hulle natuurlik jou verantwoordelikheid en moet jy keer dat hulle selfs net ‘n bietjie doodgaan.

Die gevolgtrekking is dus; As jy lief is vir jou kinders - ry vinniger.

 

Die Wit Rus