Vreugde vir ´n sokerbôl in die ¨mall¨
Ek loop Saterdag-oggend in Pretoria se Brooklyn-mall. Nie winkelsentrum nie, ¨mall", baie Suid-Afrikaners dink mos hulle bly in Amerika. In die konkels van my brein hardloop daar nog ´n paar dronk mexikane rond en skiet senuweepunte. Ongelooflik dat ´n mens altyd Tequila wil drink na 20 biere.
Woolies-mineraalwatertjie onder die arm hoor ek toe hulle het nou-net besluit dat ´n klomp engelse sokker-hooligans ons in 2010 kan kom wys, hoe mens éíntlik ´n land opfok. Tot my verbasing bars daardie plek uit van die gejuig soos toe Edgars laasjaar hulle skoenpryse met 20% afgemerk het. Die Botox-tannies het so amper-amper ´n gesigsuitdrukking gekry. En daardie oggend pak die moerigheid van ´n honger Witrenoster my. Wat de fok weet ´n chirurg se vrou, wat dag na dag in House of Coffees sit en Espresso suip, van die ekonomie of sokker?
Het iemand al gestop en gedink wat dit beteken om die sokkerbod te wen. Die bodkommitee moet hulle oorweging basseer op, onder andere, hoe veilig die betrokke land is. Met ander woorde, my liewe mense wat in julle sneeuwit paleise dadels vreet; die res van die wêreld het nie ´n clue hoe gevaarlik Suid-Afrika regtig is nie. Hulle weet nie van die kapings en die verkragtings nie, hulle weet nie dat elke Suid-Afrikaner al deur diefstal geraak is nie en hulle weet verseker nie hoe wreed die plaasmoorde regtig is nie. Ons is alleen in ´n see van kriminele. En moenie dink hulle gaan misdaad sien as hulle kom kuier nie. As belangrike mense van ´n oorsee kom kuier gee die regering mos die polisie die mag wat hulle eintlik elke dag nodig het. Ek het dit beleef met die president se inhuldiging. Die gebied rondom die uniegebou was so streng gepatroleer dat jy te bang was om jou flikker te min te gebruik. Dit was nie net vir veiligheid nie, die Boeremag sit in die tronk, dit is ´n poging om ´n skyn van Utopia voor te hou. ´n Politieke troefkaart van onmeetbare waarde.
Die mense in Brooklyn het seker gedink die ekonomiese voordeel wat die land uit die sirkus gaan trek, Edgars gaan noop om hulle skoene weer met 20% af te merk. Ek het fokken nuus vir julle. Daardie geld gaan so vinnig as moontlik gebruik word om vir die president nog jetfeul te koop of om Mugabe asiel te gee. In hiedie land word daar mos geglo jy kan baie meer uitrig deur sinlose diplomatieke skaak te speel, as om die verbruikers of die miljoene mense wat sonder huise of kos sit ´n blaaskans te gee.
Ek wonder of een van die mense wat daardie dag by Brooklyn was al die geraas gehoor het wat ´n sokkerbeul maak. O ja, nou onthou ek, hulle bly mos op die riwwe en in die klowe, dit pla hulle nie juis nie. Van die os op die jas; kan die goeie mense wat die HAT opstel dalk die beskrywing van die woord ¨satisfaksie¨ verander na; ¨om ´n sokkerbeul dwars in die moer wat hom blaas se gat op te druk¨.
Later die dag, toe ek bietjie afgekoel het, het ek ´n paar goed besef;
- Die mense wat ´n blinde oog draai vir die kak in hierdie land ( ¨ignorant¨ mense ) doen die land meer skade aan as wat hulle besef.
- Suid-Afrikaners wat elke dag lamgelê word deur misdaad, is so uitgehonger om bly te wees oor iets dat hulle verjeug sal wees oor die geringste dingetjie.
- Ek is ´n ewige pessimis wat niemand geluk gun as ek babelaas het nie. Ek moet onthou dinge is nie altyd so ernstig soos wat dit voorkom nie. Die lewe het ´n manier om beter te raak na dit kakerig was, as ´n mens nie hoop het nie is jou siel dood.
- Ek moet leer om verby mense se uitdrukkinglose gesigte te kyk en die lag in hulle oë raak te sien. Al is hulle bly vir die verkeerde redes. Al juig hulle net om ´n bietjie te vergeet van hulle Espresso hoofpyne.
Die Wit Rus