Sê nou net


Almal sê altyd: ¨as is verbrande hout.¨ En dit is – inderdaad – wat ´n kak opmerking.

Ek vra myself dikwels af wat sou gebeur het as die geskiedenis anders verloop het;


Ek het eers gedink hoe lekker dit sou wees as daardie arme boervrouens Reeboks gehad het om oor die berge te draf, maar toe dink ek; buldozers ... bulldozers en ´n atoombom! – ¨Watse berg?¨.

Of selfs nog beter; as hulle ´n paar Gutling-guns gehad het. Hulle sou darrem lekker baie Britte opgefok het. Daai rooinekke sal nog dink hulle ry klopety-klop in kerkstraat af, dan blaas jy hom in sy moer en terug Engeland toe – in ´n boks. ¨Ons trek fokken nêrens, ons bly net hier onder die berg en suip Simon se wyn¨.


Sê nou net Hitler het soos ´n vlugkelner gepraat. Hy sou ´n paar keer van sy seepkissie afgedoner geword het en dit was dit. Ek meen regtig, probeer bietjie met só ´n stem ´Mein furor´ sê. Miljoene mense se lewens sou gespaar wees. Goebels en Hymmler sou niks meer as paartie-bitches gewees het nie. En dit oor die oktaaf van sy stem en ´n ooraktiewe slap handjie.


Kan jy dink wat sou gebeur het as Gondwanaland nooit uimekaar gedryf het nie? Ons sou darrem moer vêr moes ry see toe. Dis nou as Suid-Afrika nie onder water was nie. En kan jy jouself die oorloë indink? Ek dink nie ons wardeer altyd die water tussen nasies as die natuurlike agressie-buffers wat hulle is nie. As dit nie vir die aarde se moerse oseane was nie, sou Amerika dalk vandag deur die nageslagte van die Vikings bewoon gewees het. Dink net; ´n hele veglustige nasie behep met seks en vulgariteit wat heeltyd kak soek met ander nasies en hulle natuurlike hulpbronne steel ... skrikwekkend né?


As Rome nooit so afgebreek en geplunder is nie sou ons darrem baie mooi plekke gehad het om na te toer. En as die biblioteek by Alexandrië nooit afgebrand het nie sou ons soveel meer van die aarde se geskiedenis geweet het. Ek wonder hoeveel wyshede van antieke filosowe het ons verloor. Wie weet, miskien is Relatiwiteid en ´Quantum-mechanics´ al duisende jare terug ontdek. As oom Albert daardie agtergrondkennis gehad het, kon ons dalk al lankal gesê het ¨beam me up Frikkie¨ en in nanosekondes van ´n stampvol Loftus tot na naaste kroeg gebeam geword het.


Ek hou regtig van hierdie een, ek droom dikwels daaroor - As Megan McKenzie van afrikaanse ouens (met Toyota bakkies) gehou het wat heeldag sit en strond uitdink en dit dan op hulle rekenaars intik ... mmm.


Dink net as Robbert Mugabe wit was en die boere wie se plase hy gesteel het swart. Die hele Wêreld sou troepe gestuur het om hom op te fok. Dis baie interresant hoe rassisme in die Europese en Amerikaanse psige werk. Dit is volgens hulle ´n baie eensydige ding. Dieselfde met die omskrywing van die woord ¨terroris¨. As ´n groep militantes duisende mense doodmaak maar die groep se redes daarvoor stem ooreen met die gealieerdes se stel reëls, word daar outomaties van vryheidsvegters gepraat. Wie de moer het hulle die reg gegee om hulle eie tien gebooie op ander nasies van die wêreld af te dwing.





Die Wit Rus