Die quiz


Print uit en omkring jou antwoorde ;


1. Vir ´n kar om vinnig te kan ry het hy die volgende nodig (kies asb net een):

a. Mags wat soos ´n Chernobyl spinnekop lyk

b. ´n Blou neon lig wat onder-uit skyn

c. ´n Turbo

d. ´n Groot enjin


2. As iemand in ´n kroeg na jou staar doen jy die volgende:

a. Skree vir hom; ¨wat spek jy poes¨, breek jou glas teen die tafel en gaan steek hom in die gesig

b. Haal jou Rambo-mes uit jou sak en lem hom in die pens

c. Draai jou stoel ander kant toe

d. Niks


3. Dis Sondagaand 10 uur, waar is jy:

a. By die hoerhuis in Esselenstraat

b. Besig om te dice in Voortrekkersweg

c. Drink die laaste bier by ´n braai wat bietjie lank aangehou het

d. In die bed besig om te slaap


4. Wat se jy vir jou meisie as jy lus is vir ´n knypie?

a. Soek jy ´n swietie?

b. As jy nie nou stil lê nie moer ek jou ander oog ook toe

c. Kom hier my ou Spog-otjie

d. Jou oë is vir my soos die maan se glinster op ´n sterlose aand


5. Wat is jou gunsteling fliek? (net een asb)

a. Drag racing – when good tappets go bad

b. Weld like the A-team – an instructional video

c. Lipstick Dipstiek

d. Godfather 1


6. Terwyl jy bestuur trek ´n Polisiekar langs jou in. Die eerste ding wat jy sê is:

a. ¨Lig nou nog een keer jou kop bo hierdie dash en ek skiet jou in die tiet.¨

b. ¨Chips, hiers die bloubaadjies.¨

c. ¨Hou gou my bier.¨

d. ¨Goeiemiddag Inspekteur.¨


7. Iemand probeer jou meisie in ´n kroeg opchat. Wat is jou reaksie?

a. Sê vir hom as hy vir jou ´n bier koop is die eerste uur verniet

b. Gooi batterysuur in sy bier as hy wegkyk

c. Ignoreer haar die res van die aand en raak kommin-dronk

d. Niks


8. Hou jy daarvan om Cane skoon te drink?

a. Ja

b. Nee


9. Het jy al iemand met ´n stuk gereedskap aangerand?

a. Ja

b. Nee


10. Is daar porselein flaminke in jou voortuin?

a. Ja

b. Nee


11. Was jy al vir meer as ´n week in die tronk?

a. Ja

b. Nee


12. Hang daar enigiets van jou truspieëltjie?

a. Ja

b. Nee


13. Hou jy van Marthinus van Schalkwyk

a. Ja

b. Nee



Tel jou punte;


Vrae 1 – 7:

a = 4 punte

b = 3 punte

c = 2 punte

d = 1 punt


Vrae 8 – 12:

a = 4 punte

b = 1 punt


Vraag 13:

a = 10 punte

b = 1 punt



My nederige opinie oor jou:


48 punte en meer

Sien jy die X regs (dis nou jou slim handjie) bo in die hoek? Kliek daarop.


35 – 47 punte

Agenee man, ruk jouself reg. Jy´s fokken skuim. Jy is die rede hoekom hierdie land in sy moer is, jy en jou tipe. Gaan drink gif of koop ¨Etiket met Emsie¨ en swot die ding. As jy nie kan lees nie vra vir ´n pompjoggie om elke middag vir jou ´n hoofstuk te lees.

Jou humeur fok ander mense se lewens op en daarvoor kan ´n mens hel toe gaan. Bly weg van drank en Sifilis vir ten minste een maand en gaan soek werk jou sleg moer.


23 – 34 punte

Jy´s bietjie rof hoor. Maar darrem nie te rof nie. Jy drink te veel en is geneig om jou humeur te verloor. Luister meer kalmerende musiek en probeer jou neigings in bedwang hou. Net drie wenke: 1. Bande is duur - hou op spin 2. Verkoop jou mags en gaan koop vir die kinders kos 3. Hou op om die P, D en K-woord voor vrouens en kinders te sê.


13 – 22 punte

Jy´s nie te kak nie, gaan drink maar vanaand ´n paar biere sonder om skuldig te voel.



Die Wit Rus