Plagiaat
Daar is ´n e-pos wat die rondte doen - ¨ Etiket deur Nataniël ¨. Die possie bestaan uit my stuk ¨ Kleredrag ¨, net so gecopy en paste, met ´n paar sinnetjies bygevoeg. Ek is vas oortuig daarvan dat Nataniël nie my storie sal steel nie, ek het geen ideë hoekom enigiemand so blatant plagiaat sal pleeg en dit dan aan hóm sal toeskryf nie. Daardie is MY stuk, EK het elke woord daarvan geskryf (behalwe die paar kretinistiese woorde wat bygevoeg is) en nou beskuldig mense MY van plagiaat.
Ek het absoluut geen probleem daarmee as mense my stories / gedagtes vir mekaar e-mail nie. Maar ¨die Troue¨ storie versprei nou óók sonder my naam of web-adres onderaan. Die ergste is dat die persoon wat die mail versprei sê; ¨ek dink dis Casper¨. Asseblief, as jy een van die stories vir jou pêlle wil stuur, doen gerus so, ek voel baie geëer dat iemand so baie daarvan hou, maar sit tog die web-adres onderaan dat die persoon nóg stories kan lees.
Die troue storie is heel waarskynlik per ongeluk sonder die naam onderaan gestuur en ek het vrede gemaak daarmee. Waarmee ek níe kan vrede maak nie is die diefstal van die Kleredrag stuk. Wat het daardie persoon probeer bereik? Hoekom moet ons afrikaanses mekaar so in die rug steek?
Ek is nou regtig jammer vir al die dames wat die volgende moet lees, maar dit moet gesê word;
Aan die breinlose Brutus met die voorliefde vir plagiaat en die hunkering na kaalkop roem; As ek jou vang is jy in die kak ou maat. Gaan lees weer ¨Afrikaanse Anthrax in ´n elektroniese koevert¨, jy is selfs nog erger as daardie persoon wat die ongegronde kritiek gelewer het. As jy nie weet hoe om die kreatiewe deel van jou brein te gebruik nie gaan jy heel waarskynlik bitter en alleen doodgaan, fokkit foeitog, moet net nie jou probleem myne maak nie. In kort – jy is ´n kont. Moet asseblief nooit weer hierdie website besoek nie. Die grootste guns wat jy vir Afrikaans kan doen is om jouself in die kakhuis te gaan skiet.
Die Wit Rus