Die realiteit van plaasmoorde
Ek kyk vandag na foto´s wat geneem is van plaasaanvalle en wat regtig in Zimbabwe gebeur.
Nou sit ek en wonder hoekom die bogenoemde nie die voorblad van die koerante haal nie. Hoeveel betaal die regering Suid-Afrikaanse koerante om hierdie skokkende nuus van hulle bladsye te hou?
Ek wonder waar is Bono van U2 wat op een van sy konserte voor duisende mense gesê het hoe trots hy is op ´n man in Suid-Afrika wat gereed is om die ¨armed struggle¨ teen sy onderdrukkers te begin? Ek is seker die families van die negentien mense, wat dood is in die Kerkstraat bomontploffing, is ook uiters trots op Bono, die ewige stryder teen die bose – Dulce et decorum est pro patria mori. Ek wonder hoekom Bono nie die vryheidsvegters (of noem ons hulle terroriste) in Londen ook ´n bietjie aanhits om bomme te plant nie. Sal Bono trots wees daarop om te sien dat die vryheidsvegters van Suid-Afrika nooit die armed struggle opgegee het nie en hierdie babatjie tydens ´n plaasaanval lewendig in koerante toegedraai en verbrand het;

Net
ter inligting; Winnie Mandela het eenmaal gesê dat hulle
Suid-Afrika met vuurhoutjies sal bevry.
Ek wonder hoekom Karen Zoid nie, soos met die 46664 konsert, saammet intenasionale sterre optree om plaasaanvalle stop te sit nie. Hoekom is die slagspreuk ¨Kill the boer, kill the farmer¨ wat voor duisende veglustige jeugdiges geskree is vir haar maar net ´n ou sêdingietjie maar ¨100% boer¨ op ´n hemp absoluut afstootlik. Wel hier is ´n 100% Boer wat op sy plaas doodgemaak is;

Ek wonder verder hoekom Koos Kombuis, wat so in sy liedjies gestruggle het teen apartheid, nie liedjies skryf om wit boere wat in Zimbabwe op plase geterroriseer word se lot te betreur nie. Om alles wat jy opgebou het oor ´n leeftyd in een aand te verloor is een ding. Om dan nog hulpeloos toe te kyk hoe jou diere voor jou vermink word sal enige mens tot waansin dryf;

PW Botha was oor baie goed verkeerd, maar ek glo nie hy het daardie tyd besef presies hoe akkuraat sy voorspellings oor die rooi gevaar was nie. Almal kan maar lekker saam lag as Kerkorrel sing hoe PW ons gewaarsku het, maar die rooi gevaar hét toe die land binne geval (moet nie vergeet wie die ANC gefinansier het nie) hulle ís besig om die volk stelselmatig te vermoor, te verkrag, te verneder;

Hulle ís besig om Suid-Afrika se ekonomie stadig maar seker lam te lê met die breinlose onteining van eiendom. Hulle het klaar verdeel en is baie naby daaraan om te oorwin.
Die rede waarom die mense in Suid-Afrika en die internasionale gemeenskap ´n laat-maar-vaar houding het teenoor wit boere hier en in Zimbabwe is omdat dit net nie in die mode is om wit mense jammer te kry of hulle van hulp te wees nie. Dit is nie so cool, om oor die lot van die Afrikaner te skryf, soos om oor die smart van swart mense onder apartheid te wroeg nie. Jy word nie uit alle oorde geprys vir jou liefde vir geregtigheid as jy oor die volksmoord van die afrikaner skryf nie – skryf liewer oor die afrikaner se onomwonde haat vir almal wat swart is. Daar is mos mense wat net oor hulle eie beeld bekommerd is en ´n fok voel vir die mense in hierdie foto´s, wat so wreed doodgemaak is. Die afskuwelike insident, waar ´n wit man ´n swart man agter sy bakkie met ´n tou gesleep het, het op Oprah verskyn maar die storie van ´n bejaarde wit boer wat op ´n plaas aangeval is, ure lank gemartel is en daarna aan die brand gesteek is het kwalik die Suid-Afrikaanse koerante gehaal. Wie kan vergeet van die tienermeisie wat herhaaldelik verkrag is terwyl haar familie moes toekyk – dít het darrem die koerante gehaal omdat dit in ´n ¨gegoede¨ buurt gebeur het. Wat van die stories wat agter hierdie foto´s lê? Waar is Debora Patta met haar investigative journalism?


Ons moet waak daarteen dat die woede wat hierdie foto´s aanwakker ons nie net so bloeddorstig maak soos die plaasaanvallers nie. Die hele wêreld, en selfs ´n paar van ons volksgenote, het hul rûe op ons gedraai. Ons moet op onsself begin staatmaak en ophou om onderling te baklei vir status en geld. Die magtigste wapens wooroor ons beskik om in hierdie nuwe oorlog te veg is ons taal en die pen. Almal sê altyd dat hulle iets wil doen teen plaasaanvalle maar nie weet wat nie. Wel hier is ´n effense onkonvensionele antwoord; Ondersteun Afrikaans. Dit is die taal van ons volk, die taal wat aan ons koopkrag en solidariteit kan gee. Gee afrikaanse kunstenaars ´n groter platvorm vanwaar hulle kan optree, skryf en sing. Een of ander tyd gaan hulle gehoor word.
Al is die foto´s hierbo baie grafies, versprei dit tog, praat daaroor – dit is die enigste manier hoe ons bewustheid gaan kweek oor die realiteit van plaasaanvalle.
Die Wit Rus
Die foto´s is almal afkomstig van http://www.africancrisis.org