Piet paraat
Op ´n straathoek staan ´n man met ´n plan
met boardshorts en plakkies en ´n vyfmankan
Laag in sy nek skuur ´n agterkopkuif
Ray-bans oor die oë en lippe om ´n skyf
Sy kammerade noem hom baas, baas Piet paraat
brannewyn en vrouens maak sy vuiste kwaad
Hy´s altyd besig om bouncers te terg
so speel hy roulette op die dood se werf
Ken jy daai man, het jy hom gesien
Daspoort se slette rate hom tien uit tien
In sy kamer pose Shine4 teen die muur
sy kar se spieëljie is met ´n disco-bal versier
Piet Paraat vat die mike en prewel ´n preek
sing van die geluk en swaarkry se leed
Sy woorde donder kliphard die donker in
en die poppe staan tou om op die stage te klim
Hy´s die bielie van Brakpan, die breker van de Aar
hy´s die skop in die dop, die brand in die bar
As hy straat-af kom trek jou rubber bootse aan
die kak is oppad, jy´s in moeilikheid se baan
Maar jy kyk hom mis, jy skat hom vlak
jy speel met vuur, jy raak te mak
Oppas vir Piet as hy jou vir ´n kappie nooi
hy sal jou ´n gin en tonnic met ´n half-shot petrol gooi
Die Wit Rus