Persepsie
oor warm horisonne
tussen die skadu´s van wildevy bome
gallop die hartklop wat geklop het
in die stilte van my glimlag
in die ratte van my bestaan
koue gedruis doof die waarheid weg
saam wals die wind en die donker skuimsekels
na donderwolke
bly slegs ´n eggo in die leemte wat alles verswelg
wat drome kolkend afsuig
na die grysgrou as van vergete aande
my woorde is bedwelm deur sirkels vol vuur ver ver weg
wat oë kan boor
oë wat slaapend die blomblare sien sweef het
oor velde van altyd
na woestyne van nooit
deur oseane van miskien
engeltjies sing in daardie veld, woestyn en oseaan
skoenlappertjies fladder tussen daardie blomblare
geeste spook in daardie veld, woestyn en oseaan
´n demoon drink die bloed van daardie geluk wat oë laat droom
sonnetjie skyn oor daardie drome
feetjies lag en speel in daardie golwe
die duiwel braak haat oor daardie drome
spoke laat daardie golwe se vingers krul om suiwer longe
kinders bekoor met sang in daardie eggo
laat daardie glimlag wit en rein
skurke slag daardie kinders
brand hulle op stapels wildevy takke
stuur die rykste siel diep die aarde in
geluk skuil onder blokkies ys
geluk klou vas aan die maan
Die Wit Rus