Hierdie week in die nuus


Die gewilde britse sanger James Blunt kom eersdaags in Johannesburg aan vir sy ses-dagse konsert wat meeste van die groot stede in Suid-Afrika sal insluit. Die groep ¨Sielkundiges vir Lewe¨ het egter hul kommer oor die intensies van Blunt uitgespreek. Die toer is, na bewering, slegs daarop gemik om die rekord, wat Marthinus van Schalkwyk laas maand agv sy uur lange tv toespraak opgestel het, te verbeter. ´n Woordvoerder vir SvL het gesê die 125 000 selfmoorde na van Schalkwyk se sieldodende toespraak was ´n tragedie wat nie in ´n kompetisie moet ontaard nie.


Die petrol-prys het hierdie week weer gestyg en daar is vrese dat nog stygings maandeliks kan plaasvind tot die regering onthou van Sasol. Op die vraag hoekom die taxi eienaar assosiasies nog nie gestaak het oor die reuse stygings nie, het die minister van hulpbron-bestuur net gegrinnik en weereens belowe dat dit niks met subsidies te doen het nie.


Hemelbesem en Afrikaanse sanger Dozi het Maandag-aand aangekondig dat hy die bankwese gaan betree. Hy het bevestig dat hy ´n handelshuis gaan stig en aangesien dit in die verlede ´n bekende en betroubare naam was, sy instansie ¨Perm¨ gaan noem.


Die Amerikaanse FDA het hierdie week in ´n verklaring gesê hulle was diep teleurgesteld omdat die besending eksperimentele vigs-teenmiddels, wat vanaf Suid-Afrika na Amerika gestuur is vir toetse, per abuis met ´n ander besending omgeruil is en die teenmiddels nou soek is. British Airways, wat die besending hanteer het, het vanmiddag hul amptelike verskoning aangebied en gesê dat die voorval ondersoek word. Na bewering het die krat wat die FDA ontvang het slegs stortkoppe bevat wat JZ gemerk is.


Die sanger Heinz Winkler het vandag begin met sy geding teen die voedsel-reus Heinz nadat prentjies van ´n seuntjie wat knipoog onlangs op hul produkte gedruk is. ´n Woordvoerder van Winkler het aan die pers gesê die sanger voel dis swak etiket van die maatskappy om hom so in ´n blik te druk.


Sportnuus; statistieke het gister amptelik bewys dat die springbok rugbyspan kak is.


Deon Maas, die Idols beoordelaar wat bekend is vir sy kwinkslagtige uitlatings, het gister tydens ´n nuus konferensie in Johannesburg gesê dat sy renons in Mnr Kurt Darren definitief ´n wig tussen hom en sy vriende ingedryf het. Op die vraag hoekom hy Darren se musiek so haat het Maas gesê; ¨Ek haat dit nie, dis net nie vir my beaula nie.¨ Maas het ontken dat die rede vir sy afkeur van Darren se musiek voortspruit uit jaloesie omdat Darren ´n groot tril in sy stem het en hy wat Maas is slegs ´n klein piep.


Die VN het uiteindelik besluit om in te gryp in die chaos in die Midde-ooste, nadat die oorlog se sterfte-syfer gedreig het om Suid-Afrikaanse plaasmoord-syfers vir verlede maand verby te steek. Die Suid-Afrikaanse regering het die besluit beprys en aangebied om SANW troepe na die Midde-ooste te stuur omdat hulle, volgens die minister van verdediging; ¨In elk geval niks het om te doen in Suid-Afrika¨ nie. Die minister van verdediging se aanbieding onderskraag die beleid van die Suid-Afrikaanse regering om eerder hulp aan ander nasies te verleen omdat binnelandse veiligheid in die RSA ´n staat van absoluute utopie weerspieël sedert 1994.


Die Wit Rus