*


Daar is in elke land in die wêreld ´n heks wat nag na nag met mans se koppe lol, wat vroumense aanhits om ons psigologies stadig maar seker af te kraak en uiteindelik te breek. Ek dink dis tyd dat ons vir onsself opstaan manne. Dis tyd dat ons almal weer die beproefde metode van ¨Shag and release¨ omarm en gebruik. Vroumense soek nie liefde, kameraadskap of sagte klein niksies in hul ore nie, daai´s ´n kak storie. Hulle soek mans aan die einde van ´n tou wat van ´n garagebalk hang of in ´n kar vol uitlaatgasse met ´n tuinslang by die venster ingedruk. Hulle is almal saad van die Wildehond, seeskuim, sadistiese opportuniste wat slegs hul eie geluk nastreef. Pretoria het sy eie heks wat haar met die aspirasie van dominansie oor gezombifiseerde (dink nie daar´s regtig so woord nie) mans bemoei;



Nemien


Oog van Eekhoring, toon van Akkedis, tong van leunaar en tiet van Koei

prut haar towerpot, haar plan om alle mans se goedheid uit te roei

Sy vlieg deur die nag met haar bene om ´n besem gevou

beny deur elke hoer wat in Sunnyside die lewe se harde bene kou.


Die lady´s noem haar ma, sy´s die moeder van elke slet

sy weef in die aande stywe jeans vol labels, dis haar jagters se net

Gebrou om grootoog lighties te verlei, prop sy hulle vol ronde boudjies

´n gifpen van wellus in elke gatsak en room vir hul satyn-sagte kloutjies


Sy dobbel met die harte van ouens wat soene soek, ´n vry, ´n rush

maar sy wen elke keer met die rol van die dice - ´n royal flush

Yskoud kekkel sy oor die huise waar haar pionne eyeshadow aansmeer

en gooi vir hulle slange af met tande wat bedwelm, wat keer vir hul eie seer


Dan gaan wys sy haar demone hoe om te dans in die klubs se neon lig

hoe om drank te bedel by ouens wat dink dis hul plig

Sluk ´n dubbel shot Cane en spoeg vuur oor die mans

wat sy in kerkers onder haar huis op kole laat dans


Smeer bloed aan jou voordeur, gooi suiker voor jou hek

as Nemien se terte jou vang is jy in jou moer, jou hart is vrek

Loop lig in die aande waar die musiek kliphard doef

hulle wag onder elke disco-bal, net om jou te troef

Selfs die duiwel is vir haar bang, sy laat hom bloos

want sy´t meer siele bymekaar, meer lyke om haar bloed-dors te troos



Die Wit Rus