Krieket

 

Krieket – wat 'n spul kak. Ek het al male sonder tal hierdie sport probeer kyk en verstaan maar ek kan nie, ek is jammer, moer my. Dit is vir my soos 'n slaappil enema, eers kry ek 'n pyn in die gat en 'n ruk daarna verval ek in 'n hibernasie wat net deur die reuk van bier of 'n rugby-fluitjie beëindig kan word.

Dit is nie net die game nie, dis die spelers wat almal dink hulle is die reïnkarnasie van Ra. Ek weet dis 'n vieslike veralgemening, maar ek het die reg tot my eie opinies. Hoe kan enige regdenkende mens vir 'n hele game in hierdie poepholle se gesigte vaskyk?

Elke keer as daar oor die TV aangekondig word daar is 'n 5-daagse toets teen een of ander nasie wat te veel kerrie eet, dink ek terug aan die konsentrasie kampe en die Britte, want dit is natuurlik waar die hele kakspul begin het (nie in die konsentrasie kampe nie, in Engeland, maar krieket verg nogal konsentrasie).

Die hele Britse ding van “carry on” word in hierdie malligheid weerspieël. Hier staan 'n klomp volwasse mans vir vyf dae rond, gooi 'n rooi nikkerbol vir mekaar en vryf dit so nou en dan teen hulle voële – fantasties, dis wat ek graag op 'n Saterdag wil sien. En dan die skokkende onthulling – die score was uitgewerk met een of ander sisteem wat die kolwer se ouderdom, se vierkantswortel met pi maal en deur die Egiptiese simbool vir krieket deel en die kerrie-nasie wen. My liewe fok. Dis 'n krieket-score, nie calculus nie. En dan is die score nie, “15-23 Osama wen” nie, dis soveel vir die verlies van iemand se kolf in die sewende ou se beurt na die vyfhonderdste bal pyn. Kan iemand asseblief net 'n sisteem uitwerk om die score uit te druk, dat leke soos ek ook verstaan.

 

Maar terug na die spelers, my teorie dat al die mooiste girls altyd met die grootste eters uitgaan word ook deur hierdie spel benadruk. Soos ek al gesê het dink alle krieketers hulle is verhewe bo die res en wonder bo wonder, daar sit Kerry Mcgregor en Cindy Nel (ek weet ook nie wie's dit nie maar sy's mooi). Keer na keer, dag na fokken boring dag sit hulle op die paviljoene en skree goed soos “hop hop spinnekop die bal het op die kolf gehop”. Toewyding soos dit is lanklaas gesien. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek het niks persoonlik teen Niel of Jaques nie, dis net suur druiwe – wat kan ek sê, ek's mal oor persvryheid.

 

My gedagte van die dag aan krieketspelers (ja, ek probeer soos Jerry wees); Ouens, ek kan ook 'n nikkerbol teen my voël vryf en met 'n stok moer, julle doen dit net beter. Julle is nie die liewe Vader se geskenk aan die mensdom nie. Want soos die woord sê is die mens dom en solank julle die bôl vêrder moer as die ander ouens gaan julle skatryk en bekend wees. Probeer bietjie vriendelik wees, dis eintlik nie soveel moeite nie. Ons gewone mense like ook gras (no pun intended Herchelle), en meeste van ons hou daarvan om ons voële te vryf, net nie voor miljoene mense nie.

 

Die Wit Rus