Antwoorde op ¨Klopjag¨
Anoniem
Die skrywer stel die beproefde hipotese dat voorkoming beter is as genesing;
¨ Moenie haar te vroeg opbou as ´n godin nie. As jy van dag een maak asof sy die ultimate meisie is sal jy nooit weer iemand soos dit ontmoet nie, jy het klaar die stryd verloor! Moenie so ernstig wees nie. Ek´s in die prime van my lewe en het die beste vreinde wat enigiemand van kan droom, geniet die lewe en lag baie. Die heel belangrikste is dat jy gelukkig met jouself is. Daar is geen meisie wat jou van ´n ongelukkige na ´n gelukkige persoon gaan transformeer nie. ¨
Sean van Huyssteen
Sean het dalk ´n bietjie hulp nodig;
¨ Gaan los ´n drol op haar voorstoep. Gooi haar kar met goed. Raak so erg dat sy polisie toe gaan en ´n restraining order kry. Dis makliker om haar te haat. ¨
Gerrie – Gatwick, Brittanje
Ek vermoed hierdie al lankal;
¨ Nee wat, jy sukkel te veel, jy´s te nice. Onthou: treat her like a dog and she´ll follow you everywhere. ¨
Bert van der Walt - Pretoria
Bert dink mens moet die hele vroumense klinies en sonder emosie aanpak;
¨ Ek voel soos Mugabe op ´n G8 summit, niemand wil luister nie. Ek sê julle al lankal: plunder en ploeg, hulle is mindere mense. ¨
Harry Raats – Wilesden Green, Londen
Dit wil voorkom of dit nie net afrikaanse meisies is wat ons manne so mooi kan opdôner nie, hy skryf hierdie na ´n engelse aster hom gebat het;
¨ Drank. Vodka, Whisky, bier, fok enigiets met alkohol in. Dis al wat help, en ook net tot die volgende oggend. Hulle is almal fuckt-up. Ek sal nooit weer vir een val nie, ek dog suid-afrikaanse meisies is bad, maar hulle is almal dieselfde. ¨
J.J. Van Zyl – Pretoria
J.J. het dieselfde probleem gehad met ´n aster wat hy nie kon vergeet nie maar het ook nie ´n oplossing nie;
¨ Ek kon dit tot vandag toe nie regkry nie, die fok weet ek het probeer. Afleiding in die vorm van alkohol en doellose flings kom naby, maar werk altemit nie. Dis ook nie asof sy dit maklik maak nie, elke nou en dan kom daar een of ander onbenullige boodskap van haar af en dan is ek weer van voor gefok. So sterkte met jou soeke na hierdie skaarste van lewensvaardighede. Laat my asseblief weet indien jy op ´n metode afkom wat werk, ek sal dit regtig wardeer. ¨
Joe Beukes
Hier is die piece d resistance, ´n man wat oopmaak en vir ons ´n oplossing bied wat regtig kan werk (sensitiewe lesers hou verby...);
¨ Aan die een wat my hart gebreek het: Hierdie is vir jou. Ek weet nie of jy dit ooit sal lees nie en ek twyfel of jy regtig 'n fok sal voel indien dit wel gebeur. Want sien: jy het issues. Jy het meer fokken issues as die Jeugliga. Jy kom uit 'n fucked-upgesin uit. Dit weet ons almal. Jy is grootgemaak deur skynheilige bliksems wat die arrogansie gehad het om my te beskuldig dat ek JOU onderdruk. Onderdruk? Wat verstaan julle onder daardie begrip? Was ek nie die een wat jou aangemoedig het om nie jou vriende af te skeep nie? Om jouself te wees? Almal het my net altyd vertel watse fucked ouens jy jouself nog altyd mee opgehou het. Hoe ek die eerste ou is met wie hulle kon kommunikeer (dis nou die 1 of 2 ware vriendinne wat jy ooit gehad het). Die eerste een wat nie 'n totale doos was nie. Ek was 'n sucker. For sure. Maar ekt gedink dat jy die vryheid sou waardeer. Jou eie woorde aan my was: 'dankie vir al die vertroue'. Vertroue? My fok man. Dit kom mos van twee kante af. Verseker kon jy my vertrou. Ek kon nooit daarvan eers droom om te gaan rondfok agter jou rug nie. Ek het nie eers daaraan gedink om jou te verneuk nie. En wat doen jy? Jy gaan hoer rond met elke fokken poes wat jou nog ooit fucked up behandel het. En die ergste? Jy lieg vir my in my gesig. Toe ek jou net herinner aan die feit dat dit oor die algemeen nie gesond is om naweke weg te gaan saam met jou eks of om by 'n ander een se huis oor te slaap nie het jy jo so gewip dat ek moes omverskoning vra. Goed, ek erken. Ek was moerse naïef gewees. Maar dit is nie die punt nie. Die punt is jy het my vertroue totaal en al gaan verkrag met jou fokken losgeit. Jy was nie net my meisie gewees nie, maar elke ander fokken lustige bliksem in jou fucked, kommen, niksseggende en ellendige bestaan. Fok jou! En die stel spanners waarmee die tipe mans waarmee jy uithang hulle brood verdien. Julle is almal fucked up. Julle rook, drink en spyker julself in die afgrond in. En dit alles in die waan dat julle cool is. Julle is egter so fokken clueless soos 'n donderse Bonsmara wat sopas gewakker geword het na hy teen die hange van Matroosberg afgebliksem het. Ek het vir jou al die liefde, respek en geduld op aarde gehad. Ek het gedink ons is eerlik met mekaar. Ek kon nie dink dat dit menslik moontlik is om so 'n front voor te hou nie. Wat wou jy dan bereik? Vir 18maande het jy gelieg jou fokken jakkalsteef. Van die begin af was ons verhouding korrup gewees. Hoekom het jy dit nie net gestop toe jy sien dat dit net eenvoudig te veel moeite vir jou gaan wees om jou bene toe te hou nie? Wat is die punt aan alles gewees? Al ons gesprekke oor die toekoms? Was dit dalk 'n moerse joke vir jou gewees en jy wou sien hoe lank jy dit kon laat aangaan? Jy is van jou kop af man. Jy is fokken mal. Jy behoort in 'n gestig. Ek het net aanvaarding vir jou gehad. Ek was nooit jaloers nie, want ek dink dis kinderagtig. Die bliksem saam met wie jy nou nou is laat jou nie eers toe om met enige ander manlike persoon te gesels nie. Hy raak kwaad as jy by jou vriendinne is. What the fuck? Is dit wat jy wil hê? Is jy tevrede hiermee? Was alles wat ons (die modelcouple wat almal gedink het gaan trou) vir jou so min werd? Vir 'n fok verstaan ek nie jou modus operandi nie. Niemand doen nie. Toe almal hoor ons is uit wou niemand dit glo nie. Dit was 'n helse skok gewees en nie die minste vir my nie. Sommer oornag het my trein ontspoor. Sommer skielik het my lewe inmekaar gedoos. Ek is eerlik. Ek mis jou nog soms. Maar dan dink ek net weer hoe gelukkig ek is om van jou ontslae te wees. Ek glo ek is 'n nederige ou, maar fok jy sou my net teruggehou het. Want sien, jy gaan vergaan saam met al die konte met jy meng. Jy is deel van die semels en die varke gaan jou opslurp. Jy is fokken pateties man. Jy het niks binne in jou nie (behalwe as dit 'n ander ou is). Ek het moeite gedoen om oor die weg te kom met die mense in jou lewe. Ek het fokken baie aangepas. Ek het baie dinge opgegee om jou gelukkig te maak. Ek het fokken rustig geword ter wille van jou, want ek wou die regte ding doen. En die regte ding was die keer die verkeerde ding. Ek moes 'n totale doos met jou gewees het, al is dit nie in my natuur nie. Ek moes jou soos net nog poes behandel het en nie soos die engel wat ek gedink het jy is nie. Maar nou fokken weet ek. En ek weet jy weet dat as ek ooit in een van daai helsems moet vasloop ek hom sal fokken verinneweer tot hy vir moerlank 'n parapleeg gaan wees. Ek sal hom opfok soos wat jy nog nie gesien het nie, want ek weet hy is 'n kont. Ek weet hy is fucked up en uiters ongewild by baie mense. Is dit hoekom ek hom nooit mag ontmoet het voor ek van alles geweet het nie? Wat besiel jou om sulke mense uit te hang? Watse stimulasie kry jy daaruit? Almal skud net hul koppe en wonder heimlik wat die fok besig is om met jou te gebeur. Maar fok gerus voort. Jy sal jou les nog leer. Ek hoop van harte so, want alhoewel ek dink jy is kakdeurmekaar wil ek steeds nie hê jy moet jou lewe verwoes nie. Maar net 'n donkie stamp sy kop 2keer. Met jou is ek klaar. Ek wil jou nie weer sien of van jou hoor nie. Ek het nie die krag vir fokken belaglike gesprekke oor hoe dit met jou ouers gaan nie. Jy is vir 'n fok in elkgeval nooit weer welkom in my huis nie. My huis wat ek oopgegooi het vir jou. Waar almal jou met hartlikheid oorlaai het. Ongelukkig kan ek nie dieselfde van jou opset sê nie. Die fuckedupgeit is so sterk by julle aanwesig dat ek dit met 'n mes kon sny. So in kort: FOK JOU! FOK JULLE ALMAL! Die wiel draai en hy gaan jou en al daai gespuis fokken fyn en flenters trap.
NS Nou voel ek beter. Aan almal daar buite wat al ooit rondgefok is: probeer dit neerskryf. Dis ongelooflik hoe ontladend dit is. ¨
Joe, ek dink ek praat vir almal as ek sê; ek voel ook sommer nou beter. Jy is ´n meester van uitdrukking onder ons sterflikes. Hierdie is ´n metode wat nie net gesond is vir die siel nie, maar ook uitstekend kan werk. Baie dankie vir die stuk en sterkte met die langhaar huisdiere.
Die Wit Rus