Klaasvakie en knoffel
Ek droom dikwels van bekende mense. Veral as ek ´n klomp snaakse goed na mekaar geëet het. So is ek die aand by die Rooi Rose Supermodel kompitisie en daar is die oulikste eetgoedjies; bonsai samoosatjies, hoender nuggets, snoek koekies en nog ´n hele rits ander miniatuur smaaktartertjies – alles met ´n oormaat knoffel. Na ´n onderonsie met ´n peloton shooters by Vacca Matta is ek huis toe en daar kry ek weer ´n droom reg uit ´n Dr. Seuss boek;
Ek´s ´n warm Saterdag middag besig om my bakkie in die voortuin te was toe Amor en Joost daar intrek met ´n moerse pienk BMW.
Joost skree vir my deur die sondak; ¨Daars ´n krisis by die Hertzog-prys uitdelings, die seremonie meester het te veel knoffel geëet en nou weier die mense om vir hom te luister – die oomblik as hy begin praat ruik dit asof daar iewers ´n standerd twee seuntjie se kosblik oopgemaak word,¨
Ek se; ¨Nou laat ons gaan, ek ry sommer saammet julle, my bakkie is nog nie gewas nie en netnou staan Tanit Phoenix voor die deur as ek daar aankom.¨
Maar Joost kry nie daardie BMW se deure oop nie, hulle baby het glo purity in die slotte gesmeer en almal gebruik al vir ´n week die sondak. In by die sondak en daar gaan ons.
Ons ry, en ons ry - is later in die woestyn tussen die piramides, ek kom eers later agter dis eintlik Zimbabwe.
¨Vir wat hou julle die funksie hier,¨ vra ek.
¨Huurgeld is lekker goedkoop,¨ mompel Amor deur ´n mondvol Purity.
Nou´s ons in by een van die piramides en af in ´n doolhof. Dis net stof en spinnerakke, ek moer amper oor ´n kopbeen; ¨fokkit, kon hulle nie bietjie skoongemaak het nie¨.
¨Mag nie, dis ´n monument vir Mugabe se brein¨, sê Joost.
Uiteindelik kom ons by ´n saal met rye en rye stoele. Êrens speel Skut jou biscuit kliphard oor ´n speaker.
Ek staan verslae; almal behalwe ons is kaal en hier kom Minki aangetrippel; ¨Jy moet vinnig maak die mense wag net vir jou.¨
¨Dis mooi,¨ sê ek.
¨Ek weet,¨ sê sy, ¨maar jy moet nou eers gaan speach.¨
En daar steek ek ´n speech af wat niemand ooit sal vergeet nie, na die eerste paragraaf het almal styfnipple, toe ek amper klaar is hyg die mense al.
Klim agter daardie podium uit met die magtige gedruis van tienduisend kaal mense wat my luidkeels toejuig en ek voel soos ´n Griekse afgod. Toe ek weer sien het hulle my op ´n seilboot met champagne en nege-en-negentig maagde. Ek skree ¨Fok jou juffrou Botha, ek soek ´n A-plus vir spraak.¨
Dit was ´n fout, met die wat ek nog so lekker skree trek daar ´n skip langs ons in met al die afrikaanse onderwyseresse wat ek nog ooit gehad het op. Bebaard en vuil met lang messe in hul tande geklem bestorm hulle my seiljag en begin maagde dood maak. Dis eers Raven, toe Strorm, daarna Hurricane, Tsunami – ek kyk weg, hierdie sinnelose geweld teen my kosbare himeniete kan ek net nie verdra nie.
Uiteindelik het die onderwyseresse hul pad na my oopgeveg. Juffrou van Vuuren druk ´n dolk teen my keel en skree; ¨Hoe spel mens observatorium hê, toe uit daarmee jou ongeletterde klein kak!¨
Ek skree; ¨Nee ek wil nie, dis ´n sonde.¨
Skielik swiep daar iets uit die lug en land grasieus op die dek.
¨Wonder woman!¨ skree almal.
¨Nee, Lise Swart, ek leen net Wonder se pakkie.¨ En daar trek Lise los met die pragtigste stem in die wêreld; ¨Wil jy ´n bietjie vir ´n entjie op my Harley gaan ry...¨
Die onderwyseresse val dadelik dood neer so mooi is dit. Op ´n wolk huil Apollo van blydskap.
¨Ek wil,¨ kry ek net-net uit.
Ek kom toe eers agter ons is langs die N1. Op die Harley en vêr van hier het ons gery. Reguit oor die horison verby die blou berge.
En dis toe ek in die oprit voor die huis wakker word.
Die Wit Rus