Karen Zoid se fees-koeterwaals
Ek lees vanmôre in die koerant dat Karen Zoid na hierdie KKNK beweer daar is te veel dronk mense op die fees en dat daar ´n ¨broederbond-vibe¨ heers (genugtig, ¨broederbond¨ en ¨vibe¨ in een sin, nogal ´n nuutjie vir afrikaans). Ek stem saam dat daar te veel vallende-dronk mense by sulke feeste is, maar ek het vrede gemaak daarmee. Daar sal altyd so ´n element wees – daar is nie veel wat mens daaraan kan doen nie.
Met haar gevolgtrekking oor die ¨broederbond-vibe¨ wat heers, het ek egter ´n moerse probleem. Sy het tot díe gevolgtrekking gekom, omdat party stalletjies T-hemde verkoop, waarop die woorde ¨100% boer¨ onder die ou Suid-Afrikaanse vlag gedruk is. Mev Zoid kla dat dit onsensitief is, omdat so baie nie-blank afrikaanssprekendes dit wat die hemde uitbeeld assosieer met pyn en ellende.
My probleem met jou Karen, is dat jy in die kategorie mense val (daar is baie onder Suid-Afrikaanse kunstenaars) wat glo dat ons afrikaners maar die beledigings en misdade teen ons volksgenote moet sluk omdat ons dit verdien.
Julle laat die sê-wat-jy-wil son net oor die een deel van die bevolking-spektrum skyn.
Julle het ´n onomwonde en totale afkeur vir alles wat in die verlede gebeur het net omdat dit julle populêr maak – jy en jou ultra-liberale tjommies is baie gewild, ook onder mekaar, as julle uitlatings maak wat julle hoogheilig laat klink.
Julle het jul-self as die nuwe stryders vir geregtigheid en ´n ongepolariseerde nasie gekroon - ´n mens kan sy opinie lug, net solank dit nie in stryd is met die ¨regte¨ opinie nie, dan kom die Guillotine af.
Wel Karen, ek het slegte nuus vir jou en jou span skyn-indiwidualistiese kruisvaarders; julle ¨rock¨ nie ¨op julle eie wysies¨ nie. Julle dans na die snare van die marionet meesters wat die oortuigings van die massas beheer.
Hoekom, as jy so sterk oor die invloed van slagspreuke voel, het jy nie ook die slagspreuk; ¨kill the boer, kill the farmer¨ so erg veroordeel dat dit die koerante gahaal het nie?
Is jy dalk bang jy trap op die verkeerde tone, of het jou hoogheilige hart dalk iets teen boere?
Hoekom, as jy so sterk voel oor simbole uit die verlede, kan jy nie met dieselfde tonnelvisie kyk na die moontlike assosiasie van pyn en lyding met simbole van die hede, soos die nuwe vlag nie?
Ek kan aan ´n paar dink;
Moorde op plase en in stede wat die onmisbare stank van regering-subsidie het.
Onwettige immigrante, waarvan die regering weet maar skynbaar niks aan doen nie, wat honderde Suid-Afrika meisies dwelmverslaafde prostitute maak.
Die dawerende stilswye en selfs goedkeuring jeens die feit dat Robert Mugabe met ´n volskaalse volksmoord en die vernietiging van ´n land besig is, bloot as ´n steunpilaar vir selfverheffing.
´n Hele nasie se obsessie met vryheid van spraak wat so erg geraak het dat satanisme nou ´n goedgekeurde godsdiens is - gaan lees bietjie die deel in die bybel oor vals profete.
In jou liedjie ¨Verandering¨ sê jy; ¨As jy ophou om my te label, en ek ophou worry oor wat jy dink¨
Dis partykeer belangrik om te worry oor die opinie wat iemand van jou koester, veral as die persoon stroomop dink.
Die Wit Rus