Daai hoender



Ek´t nou net ´n mail gekry van verskillende mense se antwoorde op die vraag; ¨Why did the chicken cross the road¨? Hier is ´n paar wat hulle uitgelos het:



Kurt Darren:

¨My backtrack se beat het hom oorgeneem. Dit, of hy was oppad na sy meisie meisie.¨


Valiant Swart:

¨Hy was oppad na sy baby met die highway wat lei deur die donker vallei.¨


Fokofpolisiekar:

¨FOKKEN HOENERS ROCK MAN YEA!!!!... Wat was die vraag nou weer?¨


Greame Smith:

¨Cause he got bat by his chick.¨ (snuif, snuif, snik)


Carlos van 7de laan:

¨Perestrello ... ´n hoender ... maar hoe is dit moontlik? Ja, ek verstaan...¨ (wenkbroue skeefgetrek, diep in gedagte en cue musiek: Tang-tang-tang)


Karen Zoid:

¨Hy´t seker weer gesuip geraak by een of ander fees en wou iemand gaan bliksem ... o wag, ´n swart hoender? In daai geval; wat het dit met jou te doen, hy´t ´n reg tot privaatheid weet jy?¨


Johan Stemmet:

¨Ooho, ons moet daai hoener dophou, ons gaan nog baie van hom hoor... yei!¨


Riaan Cruywagen

¨Daai hoender se skoonma is seker agter hom aan, hu hu hu, sien julle môre-aand, selfde tyd selfde plek. Totsiens.¨


Shabir Shaik:

¨I had nothing to do with that chicken crossing the road, honestly who bribes a chicken? Just because I was arround and my brother-in-law lives across the street doesn´t make me guilty. You will be hearing from my legal team.¨


Die Nutsman van SABC2:

¨Wat ons nou gaan doen is om ´n bruggie oor die pad te bou sodat hy kan terugkom, jy smeer net die ou lympies hier ....¨


Hilda van 7de Laan:

¨Jitte dingietjie, die bloedjie was seker lus vir ´n kerrie-melktert en bietjie Jenewer vir skop.¨


Steve Hofmeyr:

¨Sy lieeefde waahs onwaaar!!¨


Anton Goosen:

¨Dis nie ´n hoender nie, dis ´n spook ... o wag, praat ons van die pad buite Uniondale?¨


Koos Kombuis:

¨Hy wou seker net bietjie wegkom, is dit nou regtig nodig om vir almal te sê elke keer as jy alleen in Langstraat gaan rondloop en in ´n dodgy hotel wil gaan slaap. Hy wil net sy roots weer vind.¨


Die JIP bylaag in Beeld:

¨Hy´t gescheme die vibe was nie stunning nie, hy´t gevoel dis freaky en nie kif genoeg nie, hy´t lank issues man. Plus hy soek sooó na ´n hectic skaterchick vir die matriekafskeid.¨


Nicky van RSG:

¨Sê wie goeiemiddag ... luister hierdie is versoek program, wat-sê-die-veearts is eers later en draai jou radio sagter man.¨


Oom Tolla:

¨Want hy´s rof .... en onbeskof. Hy´s so rof, hy gebruik sy eie Lintwurms om Rooikatte mee te verwurg.¨


Oom Francois van 7de laan:

¨Wat vertel jy my nou? ...´n hoender ... in 7de Laan? Julle moet my verskoon en het ´n baie belangrike afspraak...¨


Laurika Raugh

¨Sy motor se diesolien het opgeraak.¨


Carika Keusenkamp:

¨Was dit ´n ai-ai witbors hoender?¨


Casper de Vries:

¨Want vir my is ´n hoender so bietjie soos Jurie Els, hy like nie vlieg nie, maar spring speel ´n groot rol in sy lewe né. Grappie julle.¨


Debora Patta van 3rd Degree:

¨We will get to the bottom of this, even if we have to destroy innocent, hard working peoples lives to achieve that ... did I just say that out loud?¨






Die Wit Rus