Goldielocks
In ´n woud vêr van hier daar eenmaal ‘n versteurde meisie met die naam Goldielocks gewoon. So gedoop omdat sy haar hare soos Madonna s’n wou dye en te veel perokside gebruik het, daarna was dit nooit weer dieselfdie nie. Sy het nie juis ‘n perfekte lewe gehad nie. Op haar vierde verjaarsdag is sy na die woud se vuilste weeshuis na haar ma, haar pa met ‘n klip doodgemoer het vir die laaste tot whisky. In standerd sewe was sy aan boomgom verslaaf en het as’n prostetuut in die slegte deel van die woud gewerk. Op sewentien het sy haar tweede kind vir ‘n trop wolwe gegee om groot te maak. Dít, het sy agtergekom, werk net in die flieks.
Maar een Sondagoggend staan sy met ‘n bliksem van ‘n hoofpyn en blougemoerde oë op en besluit sy gaan haar lewe verander. Na sy al haar kwalifikasies in ag geneem het, het sy diep gesug en besluit om die beste dief in die woud te word.
Goldielocks besluit toe sy gaan sommer by haar pimp se huis inbreek – sy wou hom in elk geval nog altyd in sy slaap vermoor. Haar pimp, was ‘n oorgewig Grisly-beer met ‘n houding- en ereksie probleem. Sy vrou het ‘n midlewe krissis gehad en was baie skeinheilig.
Later die aand het Goldielocks by die pimp se huis gesien niemand is tuis nie. Sy skop toe maar die deur oop en gaan in. Binne die huis kon sy sien dit gaan goed met besigheid. Sy gryp toe ‘n bottel Chivas en vat ‘n toer. Maar die goed is so lekker dat sy niks verder as die sitkamer kom nie en sy gaan sit op die pimp se Lazyboi. ‘n Halwe bottel later is sy mooi blink en besluit toe om liewer al die bier in die yskas te drink. Op die tweede vloer was die pimp se seun se kamer en dis net daar wat sy die stinkste, geelste kots van haar lewe laat gaan – op die bed. Dis toe wat sy agterkom sy het nog niks gesteel nie en het in die vrou-beer se laaie begin rondkrap. Daar kry sy so ‘n klein leerpakkie en swepie wat sy besluit het om te hou. ‘n Diamant halsnoer, ‘Dolche and Gabanna’ parfuum en ‘n Versace handsak later, kry sy ‘n kussingsloop om alles in te prop en besluit sy het genoeg. Op pad uit vang die Koi-dam haar oog en net daar besluit sy om al die visse te versuip (sy was ook nou nie ‘n brein-chirurg nie). Maar soos die mense weet wat al dronk met kaal hande probeer visvang het, is dit toe nie so maklik nie. En daar langs die Koi-dam val Goldielocks flou van uitputting.
Toe die beer familie by die huis kom het hulle dadelik besef daar is ingebreek. Die pimp het gesê almal moet gaan kyk wat weg is terwyl hy sy geweer gaan haal. Die kind-beer was eerste in my kamer en skree; “iemand het in my bed gekots”. Die vrou-beer sê; “iemand het my seks-goed gesteel”. Die pimp sê; “en een of ander lae bliksem het my Whisky gedrink”.
Daar langs die Koi-dam kry die beer gesin toe vir Goldielocks en besluit om haar net daar vrek te skiet en vir ontbyt te eet. Tot vandag toe lê Goldielocks se beendere in ‘n vlak graf agter in haar pimp se tuin.
En die vrou-beer, die kind-beer, die pimp en al sy hoere het vir altyd gelukkig saam gewoon.
Die Wit Rus