As die lot klop


In die jaar 484 vC is daar ´n man met die naam Euripides in Atene gebore. Hierdie man het iets geskryf ( wat vervat is in sy toneelstuk ¨ Alcestis ¨ ) wat vir my persoonlik die laaste ruk baie waar geword het;


¨ I have found power in the mysteries of thought,
exaltation in the changing of the Muses;
I have been versed in the reasonings of men;
but Fate is stronger than anything I have known. ¨


Fate. Die Britannica beskryf dit as; ¨an inevetable and often adverse outcome, condition, or end¨. Vanaf die digter Hesiod se tyd was die ¨fates¨ verpersoonlik as drie ou vroue Clotho, Lachesis en Atropos wat die draad van alle mense se lot weef. In Afrikaans beskryf ons fate as lot, voorland, Godsbestuur of voorbeskikking.


Glo jý dat ons, ons eie lot kan bestuur? Glo jy eerder dat, maak nie saak wat jy in die lewe doen nie, jy nie kan verander wat met jou gaan gebeur nie – dat selfs jou poging om jou lot te verander klaar beplan was?


Die kwessie van ´n voorafbeplande lewe loop hand aan hand met ons Christene se geloof dat iemand reeds ons lewens vir ons uiteen gesit het nog voor ons gebore is. Dit gee mense ´n gevoel van veiligheid om te dink dat alles in ons lewe eintlik deur iemand anders bestuur word en vertroos mense as ´n geliefde doodgaan.

Maar kan ons regtig glo dat ´n liefdevolle Vader van die begin van tyd af al geweet het van die sondeval, moorde en verkragtings?


Ek kan dit nie aanvaar nie. Ek glo dat wanneer iets gebeur wat as lot beskryf word, dit bloot ´n onverwagse geleendheid is wat die lewe jou gee, ´n instrument wat van tyd tot tyd aan ons gebied word, wat ons kan besluit om te gebruik of nie te gebruik nie.


Dit kan gebeur dat die meisie waarop jy die heel grootste crush op skool gehad het jou onverwags bel, sy baie mooier is as wat jy onthou en jy dalk net ´n kans met haar kan hê. Dit kan wees dat jou vrou jou in die middel van die nag wakker maak en vir jou sê jy moet van beroep verander terwyl jy al die laaste ses maande stil-stil daaroor wonder.


Wat doen jy met die opsie wat aan jou gegee word? Kyk jy dit mis? Diskwalifiseer jy dit as realiteit omdat dit te goed is om waar te wees? Is jy te versigtig om ´n kans te waag? Ek was, en dit gaan by my spook vir die res van my lewe. Die groot ding van hierdie opsies is dat dit net daar is vir ´n kort tydjie en dit nooit herhaal nie.


So as Fate aan jou deur klop, maak oop, nooi haar in en gee haar koek en tee.

En dan vry jy vir haar dat haar poepol omdop.



Die Wit Rus