Die sentrum wat se naam rym met
enlyn
Ja, oukei, kak titel, kom daaroor! Daar is ´n
inkopie-sentrum in Pretoria wat my al so te na gekom het dat ek myself belowe
het om nooit weer soontoe te gaan nie. Ek weet nie veel van Feng-Sui nie, maar
daardie plek s´n is verseker heel gefok.
Dit was ´n Vrydag, die laaste dag van die
maand, wat ek besluit het om saam met ´n aster te gaan fliek. Die volgende is ´n
dagboek styl beskrywing, van die dag toe die geluksgodin my soos die blindes
voor Checkers geïgnoreer het;
13:00 - Bel aster, kom ons noem haar ¨mev.X¨,
en vra of sy bioskoop toe wil gaan. ¨Wat´s dit? ¨, kom die antwoord. Die
ouderdomsverskil dreig om ´n probleem te raak.
13:03 - Onderneem om geen meer kak grappe uit
mý jong dae te maak nie, aangesien almal begroet word met ´n ¨ huh?
¨.
13:20 - Probeer in die bad onthou waaroor ek as
agtienjarige met agtienjarige meisies gepraat het.
13:25 - Onthou ek het geen agtienjarige meisies
geken toe ek agtien was nie. Begin ´n hol kol op my maag kry as ek dink aan die
ongemaklike stiltes as sy iets na die tyd wil gaan drink. Werk uit hoeveel
Breezers mens met twintig rand kan koop. Is diep teleurgesteld oor die
antwoord.
13:32 - Laat glip monster poep, giggel vir die
borrels.
14:00 - Wonder hoekom my sleutels altyd weg is
as ek haastig is - die fliek begin 14:30.
14:15 - Besef die Nagmaal op Brits het na die
sentrum se parkeerarea geskuif. Besluit om nie laasgenoemde humoristiese
stelling voor die aster te maak nie. ( ¨huh?¨ )
14:20 - Parkeer op die heel vêrste plek van die
sentrum.
14:30 - Kom uitasem by die sentrum se ingang
aan. Wonder hoeveel kos een van daardie skoppies met die enjins agterop. Wonder
verder of die aster weet wat ´n ¨Skoppie¨ is.
14:40 - Begin moerig raak want ek kry nie die
flieks nie. Maak mental note om later na die oulike yster olifant-fonteintjie te
kom kyk.
14:45 - Loop verby nog yster olifantjies, dink
hulle het dit dalk oordoen.
14:50 - Kom agter daar is net een simpel fokken
fonteintjie en ek is al drie keer verby die kommin ding.
14:55 - Verlang huilerig na my ma - gaan ek
ooit weer hier uit kom?
15:00 - Loop onverwags in die flieks vas, waar
de moer kom die goed nou vandaan?
15:02 - Aster vra geïrriteerd hoekom ek nie my
sel antwoord nie, kom agter ek het hom in die bakkie gelos. Besluit om haar
terug te kry deur netnou baie vatterig te word.
15:03 - Vermoed bogenoemde plan gaan nie werk
nie, sy het haar ¨ baie oulike broer ¨ saamgebring. Dink per ongeluk hardop; ¨
Wat de fok ¨. Maak of ek iets vreemd in my sak ontdek het.
15:10 - Sit uiteindelik vir die laaste helfte
van die fliek. My slush-puppy proe soos pis in plaas van bubble-gum, wat ek
bestel het.
15:50 - Kak fliek, al waaraan ek nou kan dink
is alkohol.
15:55 - Vra vir mev. X om my na die ingang te
vat waar ek ingekom het. En nee ek wil nie gou iets gaan drink
nie.
16:00 - Die hemele het oopgemaak oor Pretoria,
ek het lanklaas soveel water gesien. Groet mev. X met al die charisma van ´n
yspik en gaan staan in die ry om my kaartjie te betaal.
16:00 - Ek word by die betaal masjien begroet
met ‘n bordjie wat sê; ¨exact change only¨. My beursie bevat slegs een vyftig
rand noot. Sê kliphard; ¨fok my¨. Moffie agter my glimlag. Knyp my boude toe en
pikkewynstap na die swiets-winkel.
16:10 - Voel erg benadeel omdat ek vier en
twintig rand moes betaal vir pakkie Tumbles net om kleingeld te kry. Dis nou na
ek die vrou agter die counter amper met die kop geslaan het toe sy vir my sê
hulle gee nie kleingeld nie.
16:15 - Ek betaal ses rand. Begin onskuldige
mense vra ¨wat de fok kyk jy?¨, my humeur hang aan ´n dun
draadjie.
16:16 - Laat string vloekwoorde wat die tannie
langs my se bolla laat losspring - tussen al die reën deur, kon ek nie mooi sien
dat dit die verkeerde fokken, bliksemse ingang is nie. Besluit om buite-om, in
die reën, na my bakkie te loop anders moer ek dalk iemand in die
sentrum.
16:30 - Kom sopnat by die bakkie aan en staan
en loer vir my sleutels wat binne-in op die sitplek lê.
16:35 - Sluit bakkie met ´n stuk draad oop en
klim in. Voel hoe begin my mond aan een kant trek van die beroerte - ek het my
agterste skuifvenster oop gelos, die bakkie ruik soos ´n nat koei in
oestrus.
16:40 - Blykbaar lyk ek gestremd, want die
bliksem voor by die masjien waar jy jou kaartjie indruk om uit te gaan, vat my
kaartjie en druk dit in die gleuf, 20 cm van my hand.
16:41 - Masjien sê; ¨time expired¨. Hoor in die
vêrte; ¨schweeee!¨, daar gaan my moer. Verduidelik in geen onsekere terme vir
die kaartjie-koerier dat ek deur die valhek gaan jaag as hy hom nie oopmaak nie.
Mis half-oop valhek net-net met my dak toe ek deurjaag.
17:06 - Die drankwinkel is toe. Ry oor een van
hulle nuut geplante boompies in die parkeer-area, net om spiteful te
wees.
17:35 - Sak met ´n swaar gemoed by McGinty´s in
en bestel vier Tequilas, ´n brandewyn en ´n skinkbord vol OBS - ek´s nog steeds
nat en koud.
18:20 - Besef alkohol is my enigste ware
vriend.
20:00 - 8:00 - Totale
blank
8:02 - Ek belowe myself dat ek nooit weer sal
drink nie, en nooit ooit weer na daardie sentrum toe sal gaan, wat se naam rym
met enlyn nie.
Die Wit Rus