Vir Karin en Edward op hulle troudag


Oom Tolla het altyd gesê hy weet nie hoekom mense trou nie: ¨As jy wil moeilikheid hê, koop liewer vir jou ´n Alfa.¨

Socrates het gesê; ¨By all means marry, if you get a good wife, you´ll be happy. If you get a bad one, you´ll become a philosopher ... and that is a good thing for any man.¨


Nou wie gaan ons nou glo?

Gelukkig weet ons dat Karin ´n goeie vrou is met, om ´n sekere film aan te haal, ´n onkreukbare karakter. Ons weet ook dat sy meer soos ´n Mercedes-benz is as ´n Alfa. So ek glo oom Tolla sal Saterdag met goedkeuring op julle neerkyk.


Dis seker verskriklik om te sê en baie mense sal dit onomwonde ontken, maar mense wat trou vir regte-egte, ware liefde is uiters skaars. Party mense trou vir geld en ander uit vrees dat hulle alleen gaan doodgaan. Party mense vind nooit liefde nie. Ander vind liefde, maar dis eensydig. Dit wat julle vir mekaar voel en die feit dat julle mekaar gevind het is iets wat niemand van julle kan wegneem nie.


Ek is die laaste persoon wat kan raad gee oor die huwelik, maar ek wil nietemin julle op die volgende paar punte wys;


Edward:


Karin:



Van my kant af baie geluk, ek wens julle al die vreugde en geluk in die wêreld toe. Mag elke dag aan julle iets nuuts bring, mag julle argumente uitgestryk word voor dit begin en mag die skarniere van die liefde nooit vir julle roes nie.


Onthou, dit wat julle het is ´n reuse geskenk van bo. Benut elke oomblik daarvan ten volle.





Die Wit Rus