Die drolle in my drinkwater
Ek vang ´n kak in mense wat om een of ander rede dink hulle is beter as ander,
tieners wat dink dis cool om jou onderbroek te laat uitsteek en dagga te rook,
hoogheiliges wat altyd die heel hardste in die kerk sing en ´n half-uur daarna hulle vrouens net so hard bliksem,
onderwysers wat maak of die son uit hulle gatte skyn omdat hulle gewoond is daaraan om heeldag kinders soos kak te hanteer en nie gemoer word nie,
daai ouens by die robot wat jou probeer afpis deur aanhoudend in jou oor te fluit al weet hy jy soek absoluut fokkol bykomstighede vir jou selfoon nie,
jeugligas wat vas oortuig is iemand moes eers ´n krimineel gewees het voor hy president kan word,
breindood hippies wat vas oortuig is daarvan die regering het níe ´n versteekte agenda met die staat-bekragtigde diefstal van wettige wapeneienaars se gewere nie,
onderbroeke wat in my gat opkruip,
mense wat dink jy´s ryk en in jou gat probeer opkruip,
skyn-intelektualiste wat anglisismes gebruik om slim te klink en die ongeletterde kretins wat daarvoor val,
rugstekers wat ander mense verraai, maak nie saak hoe gering die geval nie,
Marthinus van Schalkwyk,
snobs wat dink die feit dat ´n persoon minder bevooreg is as hyself, hom die reg gee om so ´n persoon sonder respek te hanteer,
trust-babas wat nie vir hulle geld gewerk het soos die res van ons nie en glo almal wat minder as hy het, is net-net goed genoeg om die swart kak onder sy toon-naels uit te krap,
tampon advertensies,
warm drank,
vleuls wat hoog tackle,
impotente, breinlose, siek mans wat hulle kinders en vrouens moer om hulself beter te laat voel omdat hy nog niks in sy lewe bereik het nie,
vrouens wat toelaat dat haar man hulle kinders so hanteer,
mense wat geen poging aanwend om hul algemene kennis te verbeter nie omdat dit te veel werk is,
bekendes wat jy op skool geken het, wat nou maak of hulle jou nie raaksien nie,
mense wat so polities korrek is dat dit christelik verkeerd is,
taal-terroriste wat dink dis fine en kif om Afrikaans so bietjie op te mix bra,
skottelgoed was,
my bakkie se olie vervang,
omroepers wat godslasterlike dinge op radio sê omdat dit mense skok en daarmee wegkom,
die dubbelstandaarde wat in seker mense se koppe heers oor hoe trots mense oor hulle taal en kultuur mag wees,
liberaliste wat glo die lewe is te kort om vir iemand kwaad te bly vir altyd – ek vermy liewer iemand waarvan ek niks hou nie as wat ek elke keer ´n skynheilige plastiek glimlag moet opsit as ek hom sien,
neon-geel puisies wat van nêrens op die punt van my neus verskyn net voor ek uitgaan,
karbattery-agente wat jou belowe die waarborg dek alles behalwe as jy ´n byl vat en die ding self stukkend moer en as die ding breek jou dan met Basset-oë vertel jy sal hierdie keer maar ´n nuwe een moet koop,
mechanics wat jou hoog en laag belowe jou kar is môre of Maandag reg terwyl hy voor sy siel weet hy´s vier dae in ´n week so babelaas hy kan nie eers na ´n spanner kyk nie,
elke liewe fokken moer wat al ooit dwelms verkoop het,
plaasmoordenaars, verkragters, pedofiele, jelbesmeerde ravers, spietkops en Robert Mugabe,
regeringsamptenare wat naamtwiste bo die welsyn van die land se krepeerende massas plaas,
maar meeste van alles en almal;
haat ek die lae bliksem wat die stel reëls vir die toenadering tot ´n dame uitgedink het, dit net aan vroumense bekend gemaak het en toe die boekie verbrand het
– jou klein kak!
Die Wit Rus