Die regering se anti-progressie beleid


Ek wil weet of huislose mense wat hul gatte met koerantpapier afvee, hul rektums as wel belese beskou. Indien wel, is hulle kak slimmer as die kak wat ons hedendaagse politikuste praat ?

Absurd? Ek fokken dink nie so nie. As jy hoor waste uitlatings (excuse the pun) van ons politikuste maak, sou jy dink die bo-genoemde vraag is ‘n Pulitzer waardig. Nie te lank gelede nie, het ons geagte minister van onderwys aan ‘n hele groep “leerders” (‘n word wat hy self uitgedink het) opgemerk dat jy nie enige vak op hoër graad hoef te vat as jy nie lus voelie. Hoekom nou wil slimmer word as jy in die middag saammet jou pêlle kan chill en wonder of dit regtig so maklik is om ‘n kar te kaap?


Ek het al van die minister van wanopvoeding se beleid vergeet tot ek nouiedag Unisa toe is om te registreer. Unisa het skynbaar die perfekte afskrikmiddel vir voornemende tersiëre studente geword. Mense wat wat dit nog nie beleef het nie, sal nie die volle impak van die chaos by díe plek verstaan nie – daar is toue soos by ‘n bakkery in post-depressie Berlyn. Wie het die tyd en krag om ‘n hele dag in so ‘n tou te staan? Die meeste mense wat by Unisa inskryf werk bedags en vir ‘n regte baas, nie almal kan vir die staat werk nie minister!

Daar moet ‘n makliker manier wees om mense te laat registreer. As daar in Suid-Afrika so ‘n dors na kennis is, kan ons nie maar ‘n agthonderdste van die president se jetfuel-begroting gebruik om dit vir mense aangenaam maak om te swot nie.


Nog ‘n voorbeeld van die regering se anti-opvoedings beleid kan gesien word in die hoë prys van boeke. Die regering se teorie is straks; “ons verander plekname ten koste van miljoene rande om breinlose eiendomsruspes aan ons kant te hou, maar ons sal nie boeke subsideer nie, netnou word ons mense te slim en kom agter ons fok hulle oor.”


Nog ‘n juweel van ‘n toerie, het ‘n ruk terug van ons minister vir behuising gekom, wat voorgestel het dat banke aan mense met slegs ‘n minimale inkomste ook moet huislenings gee. Mevrou, het jy hoërskool Ekonomie geruk? As die bank geld uitleen, moet hulle dit terug kry. Dit is nie free kondome by die poskantoor nie, dis geld. As die banke nie hulle geld terug kry omdat mense dit nie kan terug betaal nie, gaan ander arm mense afkak as gevolg van astronomiese bankostes, dis tog elementêr. Gebruik daardie mikrogram logoka wat daar êrens in jou hoof rondswem.


Nou wonder julle seker hoekom ek vandag so moerig is. Die rede is dat een of ander lae ongeletterde bliksem gisteraand by my bakkie ingebreek het en 20 cd’s en my radio se gesiggie gesteel het. Dit gaan darrem fokken lekker in hierdie land. ‘As ek niks op my naam het nie steel ek ‘n ietsie by iemand wat dag na dag sy gat af werk om te spaar daarvoor. En as ek nie die radio uitgebreek kry nie, vat ek die gesiggie net om fokken spitefull te wees.’ Maar wat kan mens sê? Dit gebeur seker maar in lande waar kriminele meer regte as die wetsgehoorsame publiek en die polisie saam het.




En aan jou die dief (as jy kan lees); Ek hoop jy geniet my Valiant cd’s, en ek hoop tannie Laurika bring vir jou die kalmte wat sy aan my gebring het. Maar onthou, miskien kry ek jou eendag, en as ek doen gaan jy betaal jou lae stuk kak. Jy gaan wens jy kan terug in jou hoer-ma inkruip want die fok weet ek gaan vir jou seermaak. Ek gaan jou laat betaal vir al die kere wat ek kilometers in stilte moes bestuur. Ek gaan jou laat betaal vir die haat in my gemoed. Ek gaan jou laat betaal dat jy ‘n aandeel daarin het, dat hierdie land nie veilig gaan wees vir my kinders en hulle kinders nie. En ek gaan vir jou lag as jy my smeek om op te hou. Wag maar, jou dag sal kom.




Die Fokken Wit Rus