Die kak oppad
Ek is vandag redelik gatvol vir bestuur. Nie omdat ek bestuur haat nie, maar omdat 80% van alle Suid-Afrikaners glad nie ´n clue het hoe om te bestuur nie. Asook die feit dat een of ander lae Tepel-brein my radio gesteel het.
Let ´n bietjie op hoe min mense verstaan die konsep van ´n vierstop. Almal kyk rond soos verdwaalde meerkatte op Speed, maar almal is te bang iemand ruk ´n gun uit as hulle iets verkeerd doen. Niemand weet wát om te doen nie! Mense, dit is nie breinchirurgie nie, die ou wat eerste stop, kan eerste ry. Dit laat my wonder of die sieldodende kakefonie van taxi-toeters nie al meeste Suid-Afrikaners se grysselle heeltemal opgefok het nie.
Fietsryers op die pad is natuurlik een van die ander brandpunte wat die briefskrywers aan Beeld se ink behoorlik laat sak. Ek moet sê, ´n paar van daardie seningrige kuitkalante met hulle krismisboom pakkies en Ninja Turtle helmets, het my ook al so die bliksem in gehad dat ek die teer met een wou smeer. Hulle lyk in elk geval soos ravers wat son soek. Maats, bly heel links, die res van die pad is vir die grootmense. En as jy nie luister nie, gaan ek my bullbar met jou dunderm versier.
So van irriterende kretins gepraat; ek was al menigte maal na aan ´n beroerte, omdat ek by elke, liewe, bliksemse, robot van my werk na my huis, gevra word of ek nie ´n ietsie wil koop nie. En dan is dit nie iets nuttig soos ´n value-pack Prozac of Klippies en Coke nie. Nee, hierdie mense verkoop die tipe kak wat mens by ´n five-rand store in Danville kan koop. Kan iemand my assefokkenblief sê, wat die hoofdoel van opblaas hammer is wat ´skwiek´ maak elke keer as jy dit druk? Kap jy die bakoor omie met die Avril Elizabeth blikkie by die volgende robot op die kop? En dit net omdat Avril Elizabeth verkeerd met tippex op sy blikkie geskryf is?; ¨jy´t nie ´n lewe nie en jy´s nog lelik daarby maar ´skwiek´, kry vir jou een van daai en kom oor dit oupa!¨. Dis fokken siek man.
´n Ander gunsteling is natuurlik hands-free kits vir selfone. Ek wonder of daai mak moer dink enige regdenkende mens gaan een by hom koop, dit nadat hy dit heel dag in sy sweterige oor gedra het en die oorwas al die gaatjies in die speakertjie verstop het.
Dan is daar ook die immer gewilde Beeld beffie-brigade wat koerante verkoop. Ek kry julle jammer en ek like koerant lees, maar ek sal jou roep as ek een wil hê, dis nie nodig om die ding in my gesig te druk en kliphard te fluit nie. Veral nie op ´n brose Saterdagoggend nie. Die feit dat my subskripsie-koerant op die dashboard lê, het blykbaar ook geen effek nie. Dis net; ¨chief!¨ en dan kry jy ´n gesig vol selfmoord-bommer foto wat nie met ´n brannewyn-maagie akkodeer nie.
My grootste probleem is egter nie die vierstop-invalides, die speek-ravers of die fluit-flooimark vente nie. Dis die breinlose staatsdiens-juppies met hulle lang, blink duitse weeldewaens. Hulle verstaan blykbaar nie mooi dat as jy jou flikker regs aansit, jy actualy regs moet draai nie. Nee fok, as die oranje liggie short kan jy enige kant toe dôner. Hulle het ook nog nie van die blindekol in die spieëltjie gehoor nie, en as jy vir hulle toeter blaas waai hulle vir jou – dink seker maar dis bra-Sipho in sy taxi. Ek het noudiedag wragtag gesien hoe een van die bogenoemde persone ´n Nando´s flattie van sy splinternuwe Merc se bonnet af eet. Nie uit die boksie, of van die wrapper af nie, nee net so van die bonnet af. In retrospek hou dit seker kiepie-se-kind lekker warm as jy die enjin aanlos.
Maar nou ja, wat kan mens doen. Ek het vir my ´n moerse bullbar vooraan my bakkie vasgeswys en hoop maar die kak kom van voor en en nie soos ´n belasting-spons se duitse slappe van die kant af nie.
Die Wit Rus