Die pad wat ons
vat
Ek sit gister agter ‘n armada karre in ons perse stad en wag om vorentoe te beweeg. Deesdae kan mens mos nie eers onwettige kalmeermiddels op die hoek gaan koop sonder om in die verkeer vas te sit nie. “Dis die padwerke” sê ons wonderlike regering vir ons.
Ek verstaan dat padwerke verkeer kan ontwrig. Wat ek nie verstaan nie is dat iemand, wat vreeslik baie van waatlemoen en hoender hou, in een of ander departement wat se afkorting aan laster herinner, besluit het om al die paaie in en om Pretoria (almal gelyk) reg, breër of swarter te maak. Nog ‘n ding wat ek nie verstaan nie is waarom Lynwood weg se verkeerslig net in spitstye buite werking is. Ek was al tussen 9:00 en 15:00 daar – tussen daardie ure werk dit perfek. Ek dink ‘n groepie dagga begolde spietkops knip elke oggend die drade na die lig toe om mense laat te maak vir werk. Hulle tjommas stel dan hulle lasers en kameras net anderkant die brug op en vang hierdie stomme mense wat net ‘n geldjie wil verdien. Wat net wil toesien dat hulle kinders se vuilsnot op die bo-lip met Twinsaver in plaas van Checkers no name brand skuurtoiletpapier afgevee word.
‘n Ander ding wat my bloeddruk gevaarlik opstoot (regtig, my dokter is baie bekommerd) is mense wat vergeet wat hulle nou net gedoen het sodra ‘n verkeerslig groen raak. As jy agter die stuur van ‘n kar is, in die verkeer, met die enjin wat aangeskakel is, is die kanse goed dat jy besig was om te bestuur. So moet asseblief nie wonder waarvoor die lever tussen die sitplekke is tot net voor die lig weer rooi raak nie. Want dan is slegs jy oor die verkeerslig en die res van ons bly agter.
Ek wil graag ‘n nuwe padreël maak – indien jy te stadig was om oor de geel lig te jaag en jouself heel voor by ‘n verkeerslig bevind; sit jou skedonk in eerste rat, druk die clutch heeltemal in en hou jou voet op die petrol pedaal. Vergeet van die handbriek en observasie. Hou nou jou oog op die lig wat die verkeer beheer wat voor jou verby ry. Sodra daardie lig rooi slaan en daar nie ‘n moerse trok voor jou is nie moet jy ry. My voorgestelde padreël maak ook voorsiening daarvoor dat enige persoon wat genoemde padreël verontagsaam onmiddellik deur enige persoon met ‘n wapen tereg gestel mag word.
Ek het vanoggend my voorgestelde wet aan die departement van verkeersligte gepos maar ek is bevrees dat my brief in die goed keurings proses so vol hoender vet gaan word dat niemand dit gelees sal kry nie. Ek sal maar ‘n vonkpos ook stuur maar in die interim moet almal van julle wat díe lees asseblief die wet begin gehoorsaam en toepas. Hou net eers bietjie terug met die teregstellings. Dis ‘n goeie idee om dalk ‘n foto van die oortreders te neem en sodra die wet goedgekeur word kan ons ‘n lekker groot teregstelling op kerkplein hê. Soos in die Middeleeue. Onthou julle koolkoppe – mens moet die bliksems gooi met goed en ‘n koolkop stink nie net lekker nie, hy vlieg ook lekker.
Terwyl ek nou besig is met voorstelle om ons verkeer beter te laat vloei, wil ek almal ook asseblief vra om soveel moontlik padwerkers raak te ry. As daar genoeg besering is sal iemand hopelik besluit dit is net te gevaarlik om al die paaie almal gelyk reg te maak en dat dit in die toekoms liefs stuk vir stuk gedoen moet word.
Dankie by voorbaat vir julle samewerking.
Die Wit Rus