blommetjielief, blommetjiehaat
blommetjie blommetjie geel, blommetjie swiep, blommetjie mis meel
blommetjie pluk, blommetjie mooi, blommetjie dooi
blommetjie mooi, ewig
mooi in die hart
blommetjie bruin in die kop
verlep en verdroogte blommetjie in die vooruitkyk
blommetjie skitter en blommetjie stink, blommetjie vrot in fotoraam, in negatief
blommetjie onthou vir altyd
blommetjie seer diep diep diep binne
blommetjie groei weer vir ´n dou oomblik
staan fors vir ´n vinnige dou oggend
og og tussen die varke, verag deur die blou vasklou wat weet ek sou
blommetjie sweer groen
gluuur deur ´n blonde kuif onder ´n duisend vlieë se vlerke
blommetjie swel deur my vel
blommetjie bars vertrou
sonder troos
swart traan se grou
skreeu dat ek wou
skreeu ek soek nog net, nog net, asseblief, nog net
smeek een kans om blommetjie een keer teen my praat te raak
blommetjie weer te ruik, blommetjie weer te kyk
blommetjie weer te vat, blommetjie se blare weg te ruk
blommetjie in ´n kis toe te draai, af te laai in aarde wat teer op Seer
blommetjie se derms geel op my vingers - stille gebed van vat
uit, uit, uit verdoemende geel
was met ´n gebreekte hart se sieklike swart swaarde
blommetjie weer naby my traan...
raak my vingers rooi
raak my gedagtes wit gesluier
raak my siel geel van blommetjiemeel
blommetjie brand in my drome
blommetjie in die hoogste bome knetter van die vuur
vêr bo my herd
verlep van haat, verlep van droog, verlep van siek
verlep van trap op my Onthou
blommetjie voertsek! blommetjie braak pyn
los my in die hel
Alleen
Alleen
.
Sielsalleen
Die Wit Rus