bietjiebaie bietjiemis


sy lag vir my asmapompie en hou haar oë oop as ons vry

chat oor koffie in Sandton oor rokkies met frille wat mens net op die catwalks kry

sy hou my onder die Wilgers van my drome met ´n warm lyfie vas

raak stout van wyn in ´n posh restaurant se glas

sy troos my as my mangels seer is en ek lag nie veel

selfs as my praatjies oor Wallace en Descartes haar verveel

sy swem laat in die nag met al haar klere aan

sy´s bietjielag, bietjiedroom, bietjieskaam

al klop ek hoe laat aan haar deur met ´n matrooslyf

sal sy vir my ´n squigy aandra vol Oros en ys

sy fluister haar geheime laggies in my oor

kan nie ophou giggel vir die skeppings wat vreemde mense uit hul kaste toor

as my lyf op ´n Sondag deur Baccus geboelie is gaan lê ek styf teen haar

dan fliek ons op haar flatscreen en hoop die happy endings word waar

sy byt die punt van haar tong liggies as sy smile

kyk diep in my siel met haar kop skuinsgedraai


dit maak haar kwaad as ek haar nie wil vertel van my lief en leed

dinge wat ek diep toesluit en nie kan vergeet

ek mis haar klein snorkies as sy slaap

die lyntjies om haar oë as sy gaap

ek mis haar bruin teddiebeer se wol teen my wang

al maak haar praatjies oor forever my bang

ek mis haar want die boeing het haar kom steel

en uitgespoeg waar die wolke die son met niemand deel


;-)

Die Wit Rus