Die
Beagle vaar voort
En
daar besluit my verstand-tande hierdie week dis nou tyd. Na vier en twintig jaar
in hulle kassies wil hulle ook steak proe en geel word van te veel brandewyn en
Coke.
Net
een probleempie; daar´s nie plek vir hulle nie. Sien, een van die nadele van ´n
groter brein wat dinge soos selfone, rekenaars en eksistensialisme kan uitdink,
is dat ons moderne mense se kakebene kleiner word. Ons arme nageslag sal seker
maar klein happies moet vat.
Ek
was, anders as sadistiese genieë soos Charles Darwin, minder opgewonde oor
hierdie ontdekking. Waarom kon die goed nie maar, soos ons oer-ouers se sterte,
heeltemal verdwyn het nie?
Die
van julle wat al die bogenoemde oorblyfsels van pre-wiel homo sapiens laat
uitslag het, sal seker onthou dat almal wat hoor dat jy ook deur hel en terug
moet gaan dink dis moerse snaaks. Hulle vertel jou stories van díe se ma se
broer wat midde die operasie wakker geword het en dood is van die pyn. En daai
se neef se oom wat se kakebeen uitgehaak moes word om plek te maak vir die
grinder wat hulle by sy bek moes indruk. Selfs die tandarts wat my ¨eerder na ´n
spesialis toe verwys¨ het, moes my eers vertel van die gevaar wat ek loop om ´n
gat in my sinusholte hê sodra hulle my boonstes uithaal. Wel baie fokken dankie
dok, ten minste hoef ek nooit weer neus te blaas nie, ek kan net
sluk.
Dit
is natuurlik nie net die vooruitsig van verblindende pyn wat my in die aande
laat wakker lê nie, maar ook die kos situasie. Om vir ´n week niks te eet is
miskien vir Kerry McGregor en Kate Moss geen prestasie nie, maar vir my is dit
erger as antieke Chinese water-marteling. Kyk, ek hou van sop, maar nie drie
keer ´n dag vir sewe dae lank nie. Po-Nitro lyk hopeloos te veel soos slap Otter
kak en te veel jellie en vla gee my puisies. Ek kan nie bekostig om soos ´n
pizza te lyk nie, ek sal honger word elke keer as ek in die spieël
kyk.
Dan
het ek ook gewonder; gaan daar nou vier gate in my bek sit as die tande uit is,
waarin ek goedjies kan wegsteek. Dit kan dalk voordelig wees as ek dalk eendag
met diamante begin smokkel, maar ek wil ook nie met laas maand se
paartie-frikadelle vir ´n week in my kies rondloop nie.
Tandartse
en mond-en-kaak spesialiste maak natuurlik sakke geld uit die hele storie. Hulle
beweer dat dit in die meeste gevalle noodsaaklik is dat die grys
sel-lebensraum-inhibeerders moet uit - is dit regtig? Hoe moet ons gewone mense
weet of ons tande regtig moet uitkom? Daar is mense wat normaal daarmee
saamleef. Hoekom hoor ons nie meer van sulke mense nie? Word hulle dalk met
daardie bonsai-boortjies wat tandartse gebruik gedreig om stil te bly? Nie
heeltemal onmoontlik nie hoor. Dit is nie toevallig dat die meeste vooruitgang
in die mediese en tandheelkundige veld deur die Nazi´s gemaak is
nie.
Dit
was nou miskien ´n bietjie hard op die wit jasse, maar selfs as julle nie tande
uit die kaste uit slag nie, eggo die gille van menige verbouereerde
stoelsittnedes in die spoegbakkie af tot by die see.
Sorry
julle, maar julle professie word nie verniet geassosieer met pyn en lyding nie.
Hoekom gebruik julle nie meer lag-gas nie demmit. Dit sal wondere doen vir julle
image én die senuwees van julle pasiënte.
Gelukkig
kry ek narkose vir die gevreesde operasie. Tot dan sal ek myself maar aan die
slaap moet snik en alles mooi fyn kou - terwyl ek nog kan.
Die
Wit Rus