Bakkie-chickie
In Hatfield is daar 'n manjefieke kroeg met naam McGinty's. McGinty's het al in sy bestaan van die vieslikste kelnerine in mense heugenis gehad, maar ook van die mooistes. Een so kelnerin se naam was Joani. Haar hare was voor mooi plat en netjies, maar agter het sy dit so deurmekaar gejel. Iemand het eendag opgemerk dat dit lyk of sy agterstevoor agter op 'n bakkie werk toe ry en van toe af was sy ' Bakkie-chickie '. Sy het my eendag so hals oor kop verlief gehad, dat ek besluit het om vir haar 'n liedjie te skryf en hier is hy:
Liedjie vir Joani
Jou tande is so wit soos 'n groenmieliepit
die rooi van 'n roos gesmeer op jou lip
Jou lag is so warm soos beesmis wat nog stoom
en ek wil jou so graag gryp dat ek kan droom
Koor:
Bakkie chickie chickie, van Hatfield square
sal jy my vry as iemand jou dare
Wie se bakkie staan nou voor jou deur ?
Jy wil nie dalk my Hilux probeer ?
Jou boesems so aanloklik soos rooi stroopappels
hulle lyk vir my so lekker soos vetgemaakte kwartels
Jou gat is so verm soos 'n styfgepompte rugbybal
dit maak my effens spuls en net so bietjie mal
Koor:
Bakkie chickie chickie, van Hatfield square
sal jy my vry as iemand jou dare
Jy's my Mona Lisa, my Britney Spears
en jy gooi 'n dop beter as Woody van Cheers
Jou hande is so sag soos 'n dragtige koei se lies
en ek is seker jou poepe ruik soos lentebries
Jy kam jou hare met 'n Bombai klapper
dis soet van voor, maar stout van agter
Koor:
Bakkie chickie chickie, van Hatfield square
sal jy my vry as iemand jou dare
Wie se bakkie staan nou voor jou deur ?
Jy wil nie dalk my Hilux probeer ?
Jy's my Mona Lisa, my Britney Spears
en jy gooi 'n dop beter as Woody van Cheers
Die Wit Rus