Aardklop se enigste adder


Dames en Here, weereens was Aardklop ´n skitter-funksie. Die kreatiwiteit van die kunstenaars en die hordes pragtige jong astertjies het my weer verstom. Ek hoor weer vir oom Tolla sê; ...dis darem die ou klein houtjies wat die vuur aan die brand steek. Afrikaans en Afrikaanses beïndruk my elke jaar meer.


Daar was wel vir my, een onaangename voorvalletjie. Ek haat dit om so ´n aangename fees ´n stankie te gee as gevolg van een drol in die drinkwater, maar wat moet uit, moet uit.

Daar is so ´n ou wat lank terug ¨Geraas¨ op TV aangebied het, Jacques du Preez. Blykbaar is hy ook te sien op ¨Saterdagnag¨ of so iets. En dis nou juis díe klein moer wat my vreeslik suur gehad het;


Ek sit die een aand in ´n klub in Tom straat en gesels met ´n vriend wat in die musiekbedryf is, toe ´n dame vir my vriend vra of ek dalk ´n kiekie van hulle (my vriend en die dame) saam mag neem. Ons sê toe natuurlik dat dit geen probleem is nie. Die dame gaan sit toe langs my vriend en ek kliek hulle. Sal die klein kak wat Jacques is (hy het net so neffens ons gesit en slinger) toe nou opstaan en voor die dame, met die mildelike gebruik van die p-woord vir my sê dat ek die kamera moet wegvat uit ¨sy sitkamer¨.

Ja vriende; sitkamer.

Ek wonder steeds wat ´n mens alles moet shnaaf om ´n klub vir jou huis aan te sien.


Nou weet ek nie hoe belangrik Jacques dink hy is en of hy dalk net die moer in was omdat niemand van hóm foto´s wou neem nie. Sy motiewe bly duister.

Dit sou vir my natuurlik ´n plesier gewees het om hierdie klein glibberige vent se kop in sy gat te druk, maar ongelukkig sou ék dan uit die plek gegooi word. Om nie eers te praat van al die siektes wat ek sou opdoen as ek aan hom gevat het nie. Ek vermoed hy is soos een van daardie rooi en groen paddas wat in die Amasone bly met die gif op hulle velle. Net, Jacques se gif is so bietjie soos Marthinus van Schalkwyk se spoeg, dit kan jou DNS verander dat jou nasate, geslagte van nou af, soms sal skree; ¨Hou net op fucktup wees!!¨


Jacques, luister mooi vir die Rus; Mense soos jy en jou tjommie Deon Maas MOET gebliksem word. Hoe durf julle dink julle is beter as mense wat nog nooit op TV was nie – want glo dit of nie, dít en die feit dat julle altwee soos petshop slange lyk, is die enigste ding wat julle onderskei van ander mense.


Julle het, behalwe vir julle windgat ongeskikte maniertjies, hierdie vreeslike probleem met ¨backtrack sangers¨. Dit is vir julle ´n onvergeefbare-sonde om met rekenaar klanke te sing, maar ouens wat konstant vallende-hoog optree soos Fokkofpolisiekar en Arno Carstens is fabulous.


Mannetjies, ek het nuus vir julle; júlle is kommin, agterlik, zef en al die ander goed wat julle sangers soos Kurt Darren noem. Dis ´n skande dat julle Afrikaans is en nog ´n groter skande dat julle nog enigsins werk aangebied word in die vermaak-bedryf.

Haal die spuitnaald uit jou eie geel, bloedbelope oog voor julle ander mense daarvan beskuldig dat hulle die Afrikaanse musiekbedryf skade aandoen.


Dis nogal interessant dat die joernaliste van die Son-koerant graag die ordentlike, hardwerkende kunstenaars se loopbane verwoes maar pilkoppe soos Jacques kan maak nes hy wil. Dit wil vir my voorkom of sulke skinderblaaie se redakteurs en die bedwelmde drek van die vermaaklikheids-bedryf om een tafel sit – hande onder die tafeldoek met moerse smiles.


My laaste boodskap in ´n kuber bottel aan Jacques;

As jy nie jou houding verander of jou dosis happy-pills so verhoog dat jy soos die sleg hond wat jy is vrek nie, GAAN jy nog gedôner word. Ek hoop net ek is daar om dit te sien. Ek sal die ou wees wat jou skop as jy lê, want ek het verseker nie die guts om met kaal hande aan jou te raak nie.


Die Wit Rus